Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Meraki Upmarket Guest House

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Katlagterlaan 11, Cashan 2, Rustenburg, 0299, Noordwes
  • Vanaf R890 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Meraki Upmarket Guest House het 'n 3-ster-gradering van die Toerisme Graderingsraad van Suid-Afrika. Dit is in 'n rustige buurt in Rustenburg geleë. Dié gastehuis bied 'n swembad wat dwarsdeur die jaar beskikbaar is, lugversorging en veilige parkeerplek.

Verblyf by die gastehuis word in 4 individuele kamers gebied. Elke kamer het 'n koningingrootte-bed, en suite-badkamer met 'n stort, lugversorging, 'n TV met die volle DStv-pakket, Netflix, WiFi, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n mikrogolf, eetgerei, 'n strykyster en strykplank en 'n yskas. Komplimentêre japonne en swemhanddoeke word voorsien. Hierdie verblyf het ook 'n kragopwekker wat tydens beurtkrag tot 22:00 sal werk.

Ontbyt is teen 'n ekstra koste beskikbaar indien vooraf gereël.

Meraki Upmarket Guest House is die ideale basis vanwaar gaste daguitstappies na Pilanesberg Nasionale Park en Sun City, wat sowat 56 km vanf die gastehuis is, kan onderneem. Kgaswane Natuurreservaat is ook net 7 km ver is. Waterfall Mall is ook naby en bied verskeie restaurante en winkels.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
William B
Besigheidsreis
5.0
Clean. Comfortable. Peace of mind. Great stay at Meraki Guesthouse. Lovely host. The place has everything you need and it is very clean...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Frik S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly, gemaklike bed en baie netjies. Beste toegeruste gastehuis wat ons nog besoek het, baie vriendelike ontvangs en gasheer het ons alle...
Sien meer
Aug 2024
Theo T
Saam met lewensmaat
5.0
Die kamer is in 'n stil rustige woonbuurt geleë. Dit was perfek vir ons behoeftes. Silwerskoon, goed toegerus, behulpsame gasheer en baie netjies.
Nov 2023
Charmaine R
Saam met vriende
5.0
Baie beïndruk met die hele opset, luukse kamer, skoon en netjies, stil, rustig en veilig! Savvas en Marjorie is baie gasvry en vriendelik. Aangename o...
Sien meer
Okt 2023
Janecke D
5.0
Baie skoon en netjies. Vriendelike eienaar. Vriendelike ontvangs. Baie skoon en netjies.
Sep 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Savvas Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Katlagterlaan 11, Cashan 2, Rustenburg, 0299, Noordwes
  • Gaste dink Meraki Upmarket Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 890
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 890
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Katlagterlaan 11, Cashan 2, Rustenburg, 0299, Noordwes
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaAorPrAX4NnDkpZPVuqcooscDQuWDUcWcUhETo66WImpJuYkPR?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R890 per nag (plek vir 2) 14 5 1 5 11 Katlagter Avenue Cashan 2 0299 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.695476808647 27.235187516759

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang