Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Meraki Upmarket Guest House

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Katlagterlaan 11, Cashan 2, Rustenburg, 0299, Noordwes
  • Vanaf R890 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Meraki Upmarket Guest House het 'n 3 Ster-gradering van die Toerisme Graderingsraad van Suid-Afrika. Ons is in 'n rustige woonbuurt in Rustenburg geleë. Ons gastehuis bied 'n swembad regdeur die jaar, lugversorging en veilige parkeerplek.

Meraki Upmarket Guest House bestaan uit 4 individueel versierde kamers. Elke kamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en toiletware. Verder beskik elke kamer oor lugversorging, 'n TV met volledige DStv-kanale en Netflix, WiFi, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n mikrogolfoond, eetgerei, strykyster en strykplank en 'n yskas. Badjas en swemhanddoeke is ook beskikbaar. Ons het ook 'n kragopwekker tot 22:00 ingeval ons beurtkrag het.

Ontbyt kan teen 'n ekstra koste gereël word.

Meraki Upmarket Guest House is ook die ideale basis vanwaar daguitstappies na Pilanesburg Nasionale Park en Sun City, wat sowat 56 km ver is, en Kgaswane Natuurreservaat wat 7 km vanaf die gastehuis is, beplan kan word. Die Waterfall Mall is ook naby, wat 'n verskeidenheid restaurante en winkels het om te besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
William B
Besigheidsreis
5.0
Clean. Comfortable. Peace of mind. Great stay at Meraki Guesthouse. Lovely host. The place has everything you need and it is very clean...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Frik S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly, gemaklike bed en baie netjies. Beste toegeruste gastehuis wat ons nog besoek het, baie vriendelike ontvangs en gasheer het ons alle...
Sien meer
Aug 2024
Theo T
Saam met lewensmaat
5.0
Die kamer is in 'n stil rustige woonbuurt geleë. Dit was perfek vir ons behoeftes. Silwerskoon, goed toegerus, behulpsame gasheer en baie netjies.
Nov 2023
Charmaine R
Saam met vriende
5.0
Baie beïndruk met die hele opset, luukse kamer, skoon en netjies, stil, rustig en veilig! Savvas en Marjorie is baie gasvry en vriendelik. Aangename o...
Sien meer
Okt 2023
Janecke D
5.0
Baie skoon en netjies. Vriendelike eienaar. Vriendelike ontvangs. Baie skoon en netjies.
Sep 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Savvas Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Katlagterlaan 11, Cashan 2, Rustenburg, 0299, Noordwes
  • Gaste dink Meraki Upmarket Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R890
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R890
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Katlagterlaan 11, Cashan 2, Rustenburg, 0299, Noordwes
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaAorPrAX4NnDkpZPVuqcooscDQuWDUcWcUhETo66WImpJuYkPR?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R890 per nag (plek vir 2) 14 5 1 5 11 Katlagter Avenue Cashan 2 0299 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.695476808647 27.235187516759

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang