Merindol Manor
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kerkstraat 40, Riebeek-Wes, 7306, Wes-Kaap
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 2)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Merindol Manor is een van die oudste erfenisgeboue in die prentjiemooi wyn- en olyfproduserende Riebeekvallei in die hartjie van die Swartland, 84 km se ry van Kaapstad af.
Hierdie boetiekgastehuis was eens op 'n tyd 'n statige huis wat later jare met 'n liefdevolle hand gerestoureer is. Merindol Manor bied ontwerperstuine, 'n olyfboord en varsgeplukte vrugte en groente uit die tuin. Ontbyt-eiers word soggens by die henne versamel.
Verblyf is beskikbaar in 4 eenhede wat elk berg-, swembad- en tuinuitsigte het. Die kamers is Die Chenin Kamer, Die Grenache Kamer, Die Shiraz Kamer en Die Viognier Kamer. Elke kamer het 'n koningingrootte-bed met vars, wit linne en 'n en suite-badkamer. Kamergeriewe sluit 'n TV, yskassie, kluis, haardroër, 'n Nespresso-masjien en WiFi in.
Ontbyt kan soggens in die eetarea geniet word en aandete is op versoek beskikbaar.
Die gastehuis het 'n klein biblioteek propvol Franse en Suid-Afrikaanse letterkunde, strokiesprente vir kinders ingesluit. Gaste kan in die swembad afkoel of op die sonstoele uitspan. Daar is 'n braai-area.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Vincent Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 27
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Kerkstraat 40, Riebeek-Wes, 7306, Wes-Kaap
- Gaste dink Merindol Manor het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kerkstraat 40, Riebeek-Wes, 7306, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering: