Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Merry Pebbles Resort

  • Kapasiteit: 48 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Merry Pebbles Resort, Ou Lydenburg-weg, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Vanaf R420 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Merry Pebbles Resort and Caravan park skuil aan die oewer van die Sabierivier, net 1 km vanaf Sabie se middedorp. Dié gesinsoord bied verskeie verblyf-opsies en is ideaal vir stadsjapies wat smag na 'n vakansie ver van die stad se rep en roer af.

Die chalets, bungalows, kothuise, lodges, B&B-eenhede, en kampeer- en karavaanstaanplekke bied al te saam slaapplek vir 46 mense. Elke eenheid is uitstekend ingerig met gerieflike beddens, 'n badkamer, kombuis, TV met sekere DStv-kanale, WiFi en braaigeriewe. Die kamers word daagliks skoongemaak.

'n Ten volle gelisensieerde á la carte-restaurant is beskikbaar op die perseel. Daar is heelwat doendinge om jou gesin besig te hou, soos swem (warm- en kouewaterswembad), glybane, tennisbane met spreiligte, mini-gholf, buitelugskaak, en speelparke met trampoliene. Bergfietsryers en stappers kan gerus gebruik maak van die roetes op die grens van die oord. Die Sabierivier is geskik vir trekkerbinnebandry, swem, kunsvlieghengel en kanovaart. Motorfietse en vierwielmotorfietse word nie op die perseel toegelaat nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 299 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.4
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Kevin S
Gesin met tieners
5.0
Wonderbaarlik vir siel. Ek was so 10 jaar terug laas by Merry Pebbles, waarom, weet ek nie. Dit is vandag nog beter, nog mooier, nog skoner, nog rusti...
Sien meer
Okt 2024
Tinus B
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelik en behulpsaam, sal weer gaan. Baie lekker gebly. Puik diens.
Okt 2024
Pietro P
Gesin met tieners
5.0
Excellent. Very nice, it was very clean and quiet, just the way we like it.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Yolanda T
Saam met lewensmaat
5.0
Mooi en salige wegbreek plekkie. Mooiste plekkie langs die water. Chalets is mooi, netjies en perfek toegerus. Heerlike verblyf.
Sep 2024
Izienne G
Gesin met klein kinders
5.0
Altyd lekker om by Merry Pebbles oor te bly terwyl ons die omgewing kan geniet. Baie lekker gekamp. Vriendelik, skoon, netjies, pragtig.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Walter Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 299

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Merry Pebbles Resort, Ou Lydenburg-weg, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Gaste dink Merry Pebbles Resort het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 420
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 420
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 48 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Merry Pebbles Resort, Ou Lydenburg-weg, Sabie, 1260, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDkxOWJlZDg1LTI2OGYtNDRlYi1hOTk5LTdhOGI0NTUwY2U0OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R420 per nag, vir 2 mense 299 5 1 5 Old Lydenburg Road Merry Pebbles Resort 1260 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.094552640144 30.766981244087

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang