Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Merry Pebbles Resort

  • Kapasiteit: 48 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Merry Pebbles Resort, Ou Lydenburg-weg, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Vanaf R420 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Merry Pebbles Resort and Caravan park skuil aan die oewer van die Sabierivier, net 1 km vanaf Sabie se middedorp. Dié gesinsoord bied verskeie verblyf-opsies en is ideaal vir stadsjapies wat smag na 'n vakansie ver van die stad se rep en roer af.

Die chalets, bungalows, kothuise, lodges, B&B-eenhede, en kampeer- en karavaanstaanplekke bied al te saam slaapplek vir 46 mense. Elke eenheid is uitstekend ingerig met gerieflike beddens, 'n badkamer, kombuis, TV met sekere DStv-kanale, WiFi en braaigeriewe. Die kamers word daagliks skoongemaak.

'n Ten volle gelisensieerde á la carte-restaurant is beskikbaar op die perseel. Daar is heelwat doendinge om jou gesin besig te hou, soos swem (warm- en kouewaterswembad), glybane, tennisbane met spreiligte, mini-gholf, buitelugskaak, en speelparke met trampoliene. Bergfietsryers en stappers kan gerus gebruik maak van die roetes op die grens van die oord. Die Sabierivier is geskik vir trekkerbinnebandry, swem, kunsvlieghengel en kanovaart. Motorfietse en vierwielmotorfietse word nie op die perseel toegelaat nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 307 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.4
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Michelle B
Gesin met tieners
5.0
Heerlike bosveld vakansie! Heerlike, veilige, skoon oord. Die restaurant is tops met lekker kos. Die ablusieblok word heeldag skoon gemaak, so alles i...
Sien meer
Des 2024
Leonie V
Gesin met tieners
5.0
Mooi. Rustig. Natuur. Ons het lekker gebly. Dit is bitter mooi en rustig en baie goed om te doen terwyl jy die natuurskoon waardeer.
Des 2024
Chanelle R
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlik, rustig, so ontspannend. Sien sterre.
Des 2024
Tanya V
Gesin met tieners
5.0
Merkwaardig verby. Dit was ongelooflik mooi en lekker.
Nov 2024
Jaco S
Saam met lewensmaat
4.8
Lovely, clean and a great little breakaway from the busy city life! We had a great stay, it was quiet, clean and all the staff were sup...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Walter Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 307

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Merry Pebbles Resort, Ou Lydenburg-weg, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Gaste dink Merry Pebbles Resort het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 420
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 420
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 48 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Merry Pebbles Resort, Ou Lydenburg-weg, Sabie, 1260, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDkxOWJlZDg1LTI2OGYtNDRlYi1hOTk5LTdhOGI0NTUwY2U0OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R420 per nag, vir 2 mense 307 5 1 5 Old Lydenburg Road Merry Pebbles Resort 1260 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.094552640144 30.766981244087

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang