MFT Guest House
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 3 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rietfontein-weg 75, Boksburg Wes, Boksburg, 1459, Gauteng
- Vanaf R995 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
MFT Guest House is ’n selfsorgwoonstel op ’n sakeperseel in Boksburg-Wes, net 9,9 km vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe en 7 km vanaf die Emperors Palace-konferensiesentrum. Hierdie luukse woonstel is ideaal vir sake- en vakansiereisigers.
Die ruim en gerieflike woonstel is elegant versier en het ’n privaat ingang. Die woonstel bied verblyf aan 2 tot 3 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 slaapbank in die sitarea, 1 badkamer en ’n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die slaapkamer het ’n dubbelbed, plafonwaaier en spieëlkas. Die en suite-badkamer het ’n stort, bad, toilet, wasbak en komplimentêre toiletware.
Die kombuis is met ’n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel en broodrooster toegerus. Daar is ongelukkig geen stoof nie. Die leefarea het lugversorging, asook ’n lessenaar en ’n etenstafel met 2 sitplekke. Daar is ’n sitarea met gerieflike sitplekke en ’n TV met DStv Premium-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar.
Daar is 'n buite-area waar gaste kan ontspan en braai.
Die eiendom is 2,6 km vanaf East Rand Mall, 2,5 km vanaf ERPM-gholfklub, 3,6 km vanaf ERPM-rolbalklub en 8,4 km vanaf Benoni Lake-gholfbaan.
Die eiendom het sonkrag en gaste sal dus geen kragonderbrekings ervaar nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Enkelslaapbank
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Sannett Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Rietfontein-weg 75, Boksburg Wes, Boksburg, 1459, Gauteng
- Gaste dink MFT Guest House het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 3 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rietfontein-weg 75, Boksburg Wes, Boksburg, 1459, Gauteng