MFulaWozi Wilderness Biyela Lodge
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 24 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 17439 By die Plaas, Hluhluwe Wildreservaat, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
- Vanaf R20 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
mFulaWozi Wilderness Biyela Lodge bied 'n ongelooflike Afrika-ervaring met 'n uitsig oor die indrukwekkende Wit iMfolozirivier in die Hluhluwe Wildreservaat. Dit is die perfekte wegbreek vir 'n wittebrood.
Dié pragtige lodge het 12 luukse, privaat suites wat 'n uitsig oor die iMfolozirivier bied. Elke eenheid is ruim en het 'n koninggrootte-bed wat met gehaltelinne oorgetrek is. Daar is ook 'n sitarea in elke kamer en die eenhede het 'n losstaande bad, wasbak en toilet, asook 'n buitestort. Japonne en handdoeke word voorsien.
Die eenhede het gratis WiFi, 'n tee- en koffieskinkbord en 'n privaat plonspoel met 'n uitsig oor die bosveld en die rivier. Gaste kry ook 2 Groot Vyf-wildritte per dag.
Die hooflodge is die ideale plek om die dag af te sluit. Hier kan jy rondom die vuurput kuier met 'n skemerkelkie in die hand, die restaurant besoek, 'n drankie by die kroeg koop of 'n boek in die knus gastesitarea lees.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 17439 By die Plaas, Hluhluwe Wildreservaat, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Zoeloeland KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 24 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 17439 By die Plaas, Hluhluwe Wildreservaat, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang