Mhlati Guest Cottages
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tambotiestraat 206, Mhlatikop, Malelane, 1320, Mpumalanga
- Vanaf R1 853 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Mhlati Guest Cottages bied gerieflike B&B-verblyf in die klein, weggesteekte dorpie Mhlatikop, 'n paar kilometer van Malelane af. Die kothuise is net 2 km van die Malelane-hek van die wêreldbekende Krugerwildtuin af en is ook naby aan die Malelane-gholfklub en Leopard Creek-gholflandgoed geleë. Malelane het 2 groot supermarkte, 'n verskeidenheid winkels, wegneemeetplekke en restaurante.
Ons bied verblyf in 5 gerieflike, individueel ingerigte kamers, nl. Elephant Kothuis, Leopard Kothuis, Robin Kamer, Kingfisher Kamer en Buffalo Kothuis. Die skuifdeure van al die kamers maak oop op die sondek van 'n sprankelende swembad en die rustige, subtropiese tuin met oorvloedige voëllewe en skadubome. Al die kamers word daagliks skoongemaak.
Daar is 'n groot grasdak-lapa langs die swembadarea waar gaste kan smul aan 'n stewige of gesonde ontbyt. Vir gaste wat wil braai is daar 'n groot Jetmaster en 'n Weber, asook 'n ten volle toegeruste kombuis met 'n mikrogolfoond, 'n stoof, 'n yskas, 'n vrieskas, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n versameling musiek, leesstof en bordspeletjies beskikbaar. Die lugversorgde ontvangskamer is beskikbaar vir gaste se gebruik en daar is 'n TV met volle DStv en gratis WiFi-toegang op die perseel.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Jeremy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Tambotiestraat 206, Mhlatikop, Malelane, 1320, Mpumalanga
- Gaste dink Mhlati Guest Cottages het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Malelane Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tambotiestraat 206, Mhlatikop, Malelane, 1320, Mpumalanga
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang