Mi Casa Selfsorg
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 4
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Antunstraat 266, Sinoville, Pretoria, 0182, Gauteng
- Vanaf R1 120 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Mi Casa Selfsorg bied verblyf in Sinoville in die noorde van Pretoria. Die 3 eenhede is deel van die hoofhuis, maar het elk hul eie, privaat ingang, badkamer, kombuisie en geriewe.
Die ruim ateljeewoonstel, Mi Casa, het 'n balkon en bied slaapplek vir 4 gaste. Die slaapgeriewe sluit 'n koninginggrootte-bed en 'n dubbel-slaapbank met 'n futonmatras in. Die slaapbank is beter geskik vir kinders en jong volwassenes. Die volledige en suite-badkamer het 'n bad en 'n stort. Gaste moet in staat wees om 12 trappe tot by die privaat balkon-ingang tot die eenheid te klim.
Die eenheid beskik oor 'n kombuisie met 'n tweeplaatstofie, yskassie en mikrogolfoond. Die sit-area het 'n TV en HD OpenView, maar ongelukkig geen DStv. Een veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar. Gaste het toegang tot die swembad en die tuin en die braai-area is op versoek beskikbaar.
Alhoewel die eenheid aan die agterkant van die erf geleë is, is dit wel oorkant en langs 'n skool, so sporadiese geraas kan gedurende die week tydens werks-ure verwag word.
Die Buona Vista-eenheid vorm deel van die woonhuis, maar het 'n eie privaat stoepie en 'n vol en suite-badkamer met 'n bad en handstort. Die eenheid is aan die agterkant van die erf en het 'n uitsig oor die welige tropiese tuin. Braaigeriewe en onderdakparkeerplek is beskikbaar. SIegs basiese ondersteuning met Beurtkrag.
La Casetta is 'n eenheid wat geskik is vir 2 gaste, dit is apart van die hoofhuis en het 'n privaat ingang en parkeerplek. Daar is ook 'n kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, gasstoof en 'n lugbraaier toegerus is.
Die woonbuurt is tipies voorstedelik en bied maklike toegang tot skole, kerke, inkopiesentrums, restaurante, aftree-oorde, die Wonderboom Lughawe, Onderstepoort en Montana hospitaal. Verwag tipiese sporadiese geraas en verkeer. Die ligging is gerieflik vir toegang tot Limpopo en ander nasionale roetes soos die N1-suid en die N4. Kort uitstappies na Bela-Bela se warmwaterbronne en oorde, wildreservate, Dinokeng ensovoorts is 1 uur se ry van hier af.
Mi Casa maak ook voorsiening vir langer verblyftydperke en spesiale tariewe geld in hierdie gevalle. Sekere huishouding/wasgoed-opsies kan dan ook ingesluit word. Bespreek asb. vooraf met die gasvrou.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Vlaams
- Duits
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Maggie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 25
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Antunstraat 266, Sinoville, Pretoria, 0182, Gauteng
- Gaste dink Mi Casa Selfsorg het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Sinoville Magalieskruin Pretoria Gauteng
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders onder 4
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Antunstraat 266, Sinoville, Pretoria, 0182, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang