Mi Casita
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Leibnitz-straat 9, Graskop, 1270, Mpumalanga
- Vanaf R2 300 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Mi Casita bied bekoorlike selfsorgverblyf in Graskop, 'n dorpie op die rand van die Drakensberg se platorand. Hierdie huis is ideaal vir die hele gesin of 'n groep vriende wat op soek is na 'n ontspanne wegbreek.
Dié lieflike huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers.
Alle kamers is met waaiers toegerus.
Die eerste slaapkamer het ‘n dubbelbed met ‘n privaat buitedeur (toegerus met ‘n veiligheidshek). Die slaapkamer deel ‘n badkamer met die 3de slaapkamer. Die badkamer is toegerus met ‘n stort, toilet en wasbak.
Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed met ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, toilet en ‘n wasbak. Die derde slaapkamer het 'n koninginggrootte-bed en 'n enkelbed.
Die gaste in hierdie slaapkamer deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak met die 1ste slaapkamer.
‘n Bababed (cot) met linne en kombers is beskikbaar op aanvraag.
Alle linne, badhanddoeke en toiletpapier word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, ketel , eetgerei en breekware toegerus.
Die opwaskamer het 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel, koffietafel en 'n TV met DStv. DVD masjien met dvd’s is beskikbaar
WiFi is beskikbaar teen R 100 vir die totale verblyftyd.
Lugversorging is beskikbaar- dit werk op ‘n koopkrag basis. Gaste kan dit self op hul bank toepassing aankoop of deur die eienaar.
Die leefarea lei na 'n stoep en spog met 'n asemrowende uitsig oor die tuin. Die stoep het 'n eet- en braai-area.
Veilige parkeerplek is beskikbaar agter ‘n toesluit skuifhek vir 2 voertuie en waentjies.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Marihette Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 25
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Leibnitz-straat 9, Graskop, 1270, Mpumalanga
- Gaste dink Mi Casita het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Leibnitz-straat 9, Graskop, 1270, Mpumalanga