Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Micasa Sucasa

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dik-dik-singel 47, Reebok, 6503, Wes-Kaap
  • Vanaf R600 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Micasa Sucasa is 'n selfsorgeenheid vir 4 gaste in Reebok, Kleinbrak.

Die woonstel is op in 'n rustige area op die eienaar se perseel en het 'n slaapkamer, badkamer, kombuis, eetarea en 'n sitkamer. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 2 dubbelslaapbanke in die sitarea en die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien en gaste moet asb. hulle eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis het 'n stoof, gasplaat, lugbraaier, mikrogolfoond, yskas, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Etes kan by die etenstafel geniet word. Koffie, tee, suiker, 1 liter-melk, beskuit, 1 sak hout en Blitz word met aankoms voorsien. Skottelgoedseep en ander skoonmaakprodukte word ook voorsien.

Die woonstel het 'n gasgeiser en 'n omskakelaar.

Gaste kan in die sitarea ontspan wat 'n TV met vol DStv en WiFi het en dit lei na 'n stoep met sitplek, braaigeriewe en 'n kroeg. Daar is 'n lekker grasperk vir kinders om op te speel en bordspeletjies word ook voorsien.

Micasa Sucasa is 1 km van Reebokstrand af waar gaste kan strandwandel en swem in die getypoel, die dorp is net 4 km vanaf Klein Brak-strand en -strandmeer, 18 km vanaf Mosselbaai en 30 km vanaf George.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Jacuzzi
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Waaier
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.6
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Jacques B
5.0
Goeie ervaring. Sal dit aanbeveel. Lekker plekkie met baie hulpvaardige eienaar.
Des 2023
Millicent M
Gesin met tieners
4.6
Wonderlik. Met 'n gasvrou dùisend! Baie lekker gebly in 'n veilige omgewing. Woonstel het alles wat nodig is (en nog meer) gehad. Sal dit beslis weer ...
Sien meer
Jan 2024
Jean H
Saam met vriende
4.6
Lekker gebly. Alles wat jy nodig het vir selfsorg.
Mrt 2023
Shamilah A
Gesin met klein kinders
4.6
Welcoming, comfortable, safe and well equipped. Our host Mina, made contact with us and even sent us a pin location. Mina gave us a ver...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2023
Amanda F
4.4
Veilig en heerlik gebly. Heerlik en rustig. Vriendelike ontvangs.
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Reebok Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Dik-dik-singel 47, Reebok, 6503, Wes-Kaap
  • Gaste dink Micasa Sucasa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R600
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R600
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dik-dik-singel 47, Reebok, 6503, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAw5i72LBCjOLJBcqnGgPc5CIiVeblCN90OGPrHXYdtp0iy7nyAM?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag (plek vir 4) 21 5 1 5 47 Dik-dik Crescent Reebok 6503 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.075801314951 22.163701281906

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang