Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Michael-Angelo Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Olivierstraat 3, Potchefstroom, 2520, Noordwes
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Michael-Angelo Gastehuis is net 'n entjie vanaf hoofroetes na Johannesburg/Klerksdorp (N12) en Carletonville/Viljoenskroon (R501) af. Dit is loopafstand vanaf die Potchefstroom-gholfbaan en 2 minute vanaf die Mooirivier Winkelsentrum met verskeie restaurante en rolprentteaters, in 'n rustige woonbuurt geleë.

Hierdie dubbelverdieping-eenheid bied ons gaste 'n aangename, stylvolle, private en landelike klassieke verblyf. Word wakker met die gekwetter van voëls in jou ore en geniet 'n heilsame ontbyt wat in die funksiesaal (met sitplek vir 40) bedien word voordat die dag aanpak.

Dis die ideale plek vir intieme, stylvolle troues vir 'n maksimum van 60 mense, kunsuitstallings, privaat funksies, konferensies en korporatiewe bekendstellings.

Hoewel die kamers heeltemal apart en privaat is, mag gaste ook van die boudoir-vleuelklavier en imposante wit trappe met 'n rooi tapyt gebruik maak - dis ideaal vir bruide se groot dag.

Net soos die kunstenaar wil ons graag 'n tikkie kleur aan jou verblyf verleen.

Kenmerke

Afrikaans
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Vlaams
  • Duits
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 34 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Corne B
Saam met lewensmaat
5.0
Verwelkomend. Alles wat 'n mens voor kan vra, met wonderlike gashere wat uit hul pad gaan om mens gerieflik te maak - van 'n elektriese kombers, sjerr...
Sien meer
Jul 2024
Harry V
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik, sentraal, veilig en tuis. Baie lekker gebly. Ons is van die begin af ingelig, hartlik ontvang en professioneel ingeboek. Die plek is baie k...
Sien meer
Mei 2024
Karien S
Saam met lewensmaat
5.0
Ons is op die hande gedra. Wat 'n voorreg om by julle te kon kuier. Ons het ons verblyf baie geniet. Absoluut geen klagtes.
Feb 2024
Heinrich H
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties, gasvry. Willem en Pieter is uitstekende "hosts", ontbyt is uit die boonste rakke, hulle laat mens tuis voel, ons het heerlik gesels.
Okt 2023
Johan M
Saam met lewensmaat
4.8
Gasvryheid wat jy nerens anders sal ontvang nie. Diens uitsonderlik goed!
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Willem Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 34

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Olivierstraat 3, Potchefstroom, 2520, Noordwes
  • Gaste dink Michael-Angelo Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Potchefstroom Noordwes
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Olivierstraat 3, Potchefstroom, 2520, Noordwes
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNmZmVkN2I4LWI0N2QtNDA0NC1iMGNlLWJkN2E1YTc3MzdiYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 34 5 1 5 3 Olivier Street Potchefstroom 2520 Noordwes 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -26.721815 27.099841

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang