Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Middelplaas Paarl Guesthouse

  • Kapasiteit: 26 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malmesburyweg, R45, Paarl, 7620, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Middelplaas Paarl Guesthouse bied gerieflike, sakpas en gehalte-verblyf in die Paarl, 'n prentjiemooi dorp in die Kaapse wynlande. Paarl is bekend vir sy natuurskoon, uitstekende wynplase, koffiewinkels, fantastiese argitektuur en vrugte-groei erfenis.

Die gastehuis is op 'n rustige plaas binne maklike bereik van die middedorp en is die ideale bestemming vir sakereisigers, vakansiegangers, trougaste, skoolgroepe, spanbouers of sportgroepe. Vervoer kan gereël word vir gaste wat na Kaapstad se lughawe reis.

Daar is 34 kamers met elk 'n individuele tema. Elke kamer het ’n en suite-badkamer met ’n instapstort, toiletware en handdoeke. Daar is ’n selfsorgkombuisie met ’n induksie kookplaat, potte, panne, eetgerei, breekware, ’n mikrogolfoond en ’n yskas. Sommige van die kamers het ’n braai-area en die ander kamers maak gebruik van ’n gemeenskaplike braai-area. Al die kamers het ekstra lang koninggrootte-beddens of 2 ekstra lang enkelbeddens. Veilige parkeerplek en gratis WiFi is beskikbaar. Daar is TV's met OpenView. Verder is daar ook konferensiegeriewe op die perseel.

Die plaas is naby verskeie trou-venues, talle bekende wynplase waar gaste wyn- en kaasproe kan geniet. Ander besienswaardighede sluit Spice Route, Fairview, Under Oaks, Alpaca Loom, Nederburg, Ashanti, Kronenburg Nelson's Wine Estate, en die Afrikaanse Taalmonument in.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Nagportier
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 99 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Max K
5.0
Waarde vir geld, veilig en rustig. Maklik en vinnige inboekproses. Vriendelike personeel. Alles wat 'n ou nodig het in die eenheid met parkering reg v...
Sien meer
Aug 2024
Charles S
Saam met lewensmaat
5.0
Besonder lekker gebly, ontbyt in bed en 'n onverwagte bonus, Jane is 'n aanwins vir M. Besonder lekker gebly, ontbyt in bed en 'n onverwagte bonus, Ja...
Sien meer
Jun 2024
Johannes M
Besigheidsreis
5.0
Aangenaam. Dit is presies, en vir my nog meer werd, as wat ek voor betaal het. Die diens en gasvryheid is fantasties. Help waar hulle kan.
Mei 2024
Minette E
5.0
Netjies, waarde vir geld! Word met eende wakker op die plaas. Chandra by ontvangs was baie gaaf. Middelplaas is 'n paar minute buite Paarl middestad g...
Sien meer
Apr 2024
Wilmaré V
5.0
Waarde vir geld en besonders. Ek het soos altyd baie lekker gekuier en ontspan op die plaas. Die mense is kosbaar en vriendelik en gaan die ekstra myl...
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Anne-Marie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 99

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Malmesburyweg, R45, Paarl, 7620, Wes-Kaap
  • Gaste dink Middelplaas Paarl Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Paarl Boland Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 26 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malmesburyweg, R45, Paarl, 7620, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAda54607cc4f62805b08bc9e35e094d55275e9c07ed540ec69e6c2dcae877d60e320ac81f527b967f3071d603145b0d394ad3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 99 5 1 5 Malmesbury Road R45 7620 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -33.688179909224 18.967795327289

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang