Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Midlands Eco Lodge

Selfsorg

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Goed

Netheid
4.0
Ligging
4.0
Waarde vir geld
3.7
Diens
4.3
Veiligheid
3.7
Hester L
Kort verblyf Gesin met tieners
4.8
Mrt 2024

Asemrowende wegbreek uit die stad. Die huis is ruim en pragtig, met alles wat mens benodig. Die uitsig van die stoep is eindeloos en asemrowend. Indien jy opsoek is na 'n wegbreek uit die stad en die gejaagde lewe, dan is dit net die plek vir jou! Ons is vriendelik ontvang en ons gasheer was net 'n boodskap weg indien ons iets wou vra. Die banke op die stoep is die lekkerste plek om jou boek te lê en lees, en daar is groot tafels en baie plek indien die groep groot is.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Salome V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.6
Des 2023

Mooi plaas ervaring. Die plaas is pragtig en die uitsig baie mooi, die weer was egter koud en reenerig so ons het nie soveel gesien soos ons graag wou nie. Die huis is egter op solar en mens kan nie 'n haardroër gebruik nie, sou dit graag vooraf wou weet. Ook die speelkamer lyk nie soos op die fotos nie, daar was nie veel om te doen nie, meestal was stukkend of nie daar nie. Sou ook graag die deur wou sluit voor slaaptyd, maar die slot wou nie. Die kombuis was wel lekker ruim en goed toegerus.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
3.0
Dale
Midlands Eco Lodge
Hierdie resensie is nie akkuraat nie. Die speletjieskamer is presies soos dit op die foto verskyn en die pooltafel, tafeltennis en veerpyltjies is almal in perfekte toestand met goeie kwaliteit kolwe, balle, leidrade ens. Verduidelik asb. watter speletjies gebreek is? Ek is jammer die weer was reënerig terwyl julle hier was, maar dit is maar hoe dit soms gaan. Die kamers is almal toesluitbaar as jy bekommerd was oor veiligheid alhoewel die plaas baie veilig is en ons het vir meer as 20 jaar geen probleme hier gehad nie.

De Clercq M
1 nag Saam met lewensmaat
3.4
Des 2023

Rustigheid. Verblyf is totaal op sonkrag, wat dit lekker maak vir loadshedding. Uitsig is baie mooi. Daar was 'n probleem met die water, maar daar was 'n storm die aand toe ons daar was. Dale het egter in die reën probeer om dit uit te sorteer. Ek sal beslis nie oorweeg om te besoek as jy nie 'n hoë voertuig het nie.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
2.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0
Dale
Midlands Eco Lodge
Baie dankie vir die begrip oor die water situasie, dit was baie genadig van jou en ek vra weereens om verskoning vir die ongerief!

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.9/5

Dale Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 3

Op LekkeSlaap 1 jaar

Vanaf
Vanaf R2 500
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R2 500
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wakefield Plaas 2369, Dargle, 3265, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf1e4d04d811536464bdd7a49e1f883dbc0fc9b7d0dcccc591de08c2444f120671857511924c0bd467b8944e45376fb838048?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag, vir 8 mense 3 5 1 4 Wakefield Farm 2369 Dargle 3265 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -29.514494084838 29.919178998292

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang