Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Midlands Eco Lodge

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wakefield Plaas 2369, Dargle, 3265, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R2 500 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Midlands Ecolodge is 'n bekoorlike selfsorghuis in Dargle, ideaal geleë vir diegene wat die natuur geniet, weg van die stad se gewoel. Krag vir die Ecolodge word geheel en al deur sonkrag voorsien, so gaste hoef nie bekommerd te wees oor beurtkrag nie.

Dié eiendom bied slaapplek aan tot 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n gastetoilet. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en sluit 'n en suite-badkamer met 'n bad in. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed sowel as 'n slaapbank, en dit maak gebruik van 'n aparte badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n enkelbed sowel as 'n stapelbed, en dit sluit ook 'n en suite-badkamer met 'n stort in. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea spog met 'n volledig toegeruste kombuis met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, saam met 'n ontbyttoonbank met stoele. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met 'n houtkaggel, 'n gemaklike rusbank en 'n eetarea met 'n etenstafel met sitplek vir 8 waar gaste saam hul maaltye kan geniet. Toegang tot gratis WiFi is ook beskikbaar.

Die leefarea strek na 'n onderdakstoep met sitplek buite en bied skilderagtige uitsigte oor die vallei. Hierdie eiendom sluit ook 'n speletjieskamer met 'n pooltafel en 'n tafeltennistafel in. Braaigeriewe en parkeerplek word ook voorsien.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 3 Slaapkamers 4 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Stapelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

3

1 x Koningingrootte-bed

1 x Enkelslaapbank

Badkamer

Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Oond
  • Stoof

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Goed

Netheid
4.0
Ligging
4.0
Waarde vir geld
3.7
Diens
4.3
Veiligheid
3.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.9/5

Dale Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 3

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Wakefield Plaas 2369, Dargle, 3265, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Midlands Eco Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Drakensberge KwaZulu-Natal
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wakefield Plaas 2369, Dargle, 3265, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf1e4d04d811536464bdd7a49e1f883dbc0fc9b7d0dcccc591de08c2444f120671857511924c0bd467b8944e45376fb838048?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag, vir 8 mense 3 5 1 4 Wakefield Farm 2369 Dargle 3265 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -29.514494084838 29.919178998292

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang