Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Serenity Bush Ballads

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Wildehondstraat 854 - 857, H/v Olifantrylaan, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Serenity Bush Ballads is in Marlothpark geleë, 'n 3000 ha-wildreservaat en vakansiedorp langs die Krugerwildtuin se suidelike grens, tussen Malelane en Komatipoort in Mpumalanga. Dis 'n gewilde oornagstop vir diegene op pad na die Krugerwildtuin, Swaziland en Mosambiek, en bied die geleentheid om 4 van die Groot 5 te gewaar.

Serenity Bush Ballads bied selfsorgverblyf. Daar is altesaam 7 chalets wat in 'n pragtige, goedversorgde tuin geleë is. Die standaard-chalets kan maksimum 2 gaste akkommodeer en is ateljeewoonstelle met dubbelbeddens en slegs storte.

Die Deluxe-chalets het elkeen 1 slaapkamer en bied slaapplek aan maksimum 2 gaste. Deluxe Chalet 1 het 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort. Al die Deluxe Chalets het elk 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Elke chalet het 'n en suite-badkamer, 'n kombuisie met 'n yskassie, 'n tweeplaatgasstoof en 'n mikrogolfoond, en 'n privaat braai-area en stoep.

Gaste het toegang tot gratis WiFi. Daar is 'n groot, gemeenskaplike swembad-area met sitareas. Daar is ook 'n groot, gemeenskaplike vuurmaakplek waar gaste saans kan kuier. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Neem asb. kennis dat Marlothpark 'n OTM, 'n winkelsentrum met basiese produkte, 'n slagter, 'n bottelstoor, 'n poskantoor en 'n vulstasie het. Daar is ook 4 restaurante.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels
  • Portugees

Parkeerplek

  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 102 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Spikkels S
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Baie mooi en netjiese rondawel. Vriendelike personeel.
Aug 2024
Duduzile N
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome. Beautiful place, quiet and serene indeed. Very clean with a very comfortable bed! The host is awesome, helpful, kind and carin...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Willie S
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker rustig en kan samesyn saam lewensmaat die volle geniet. Baie lekker en die ontvangs baie vriendelik en professioneel.
Jun 2024
Thomas T
Saam met lewensmaat
5.0
Baie aangename ervaring. Sal weer terugkom. Baie lekker gebly. Al die nodige braai- en eetgeriewe was daar. Braaiplek was goed. Baie skoon en netjies.
Jun 2024
Simson G
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, netjies en stil. Die plek is presies soos dit op die foto's lyk. Alles was netjies en skoon en ons het baie lekker gebly.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Stephanie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 102

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Wildehondstraat 854 - 857, H/v Olifantrylaan, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Serenity Bush Ballads het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Wildehondstraat 854 - 857, H/v Olifantrylaan, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5d2d99ebdd0061780acad642aa4070f13701eb2917b3335c7880715d2fcfc1d1388adf80f57f835125e85ce483781739682f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2) 102 5 1 5 854 - 857 Wilddog Street Corner of Olifant Drive 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -25.380272365712 31.762857288122

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang