Milkwood Lodge 5
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Stoppel Place 5, Glenmore-strand, Munster, 4278, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 150 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Milkwood Lodge 5 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks oorkant Glenmore-strand, Munster in KwaZulu-Natal. Dit is ideaal vir 'n gesin of vriende wat op soek is na verblyf met direkte strandtoegang.
Hierdie woonstel bied slaapplek aan 5 volwassenes en 1 kind en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed vir 1 volwassene en 1 kind. Die gedeelde badkamer het 'n bad, wasbak en toilet. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie bad- en swemhanddoeke saambring.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n toonbank met stoele toegerus. Die leefarea het 'n etenstafel, rusbanke en 'n TV. Indien gaste DStv wil kyk, moet gaste hul eie dekodeerder, slimkaart en kabels saambring. Die area lei na die houtdek met meubles, 'n braai en see-uitsig.
Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad met meubels, direkte strandtoegang, gemeenskaplike wasgoedgeriewe en veilige onderdakparkeerplek. Die verblyf is naby winkels en restaurante en is ongeveer 105 km vanaf Port Edward.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbed vir 1
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Mandy Geverifieer
Eiendomme 93
Resensies 406
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Stoppel Place 5, Glenmore-strand, Munster, 4278, KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Stoppel Place 5, Glenmore-strand, Munster, 4278, KwaZulu-Natal