Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Milkwood Manor Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Geen kinders onder 8
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Salmackweg, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 190 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Milkwood Manor Guest House bied direkte toegang tot die strand, strandmeer en see. Dié Georgiese-styl gastehuis bied pragtige uitsigte met moderne geriewe en stylvolle dekor.

Die meeste van die 13 en suite-slaapkamers in die gastehuis het privaat balkonne en ononderbroke uitsigte. Elke en suite-badkamer het 'n stort en sommige het 'n bad en 'n stort. Van die kamers het ekstra lang dubbelbeddens en van hulle het 2 enkelbeddens. Al die kamers het tee- en koffiemaakgeriewe, DStv-gasvryheidspakket, haardroërs, verwarmers, waaiers en elektriese kluise.

Daar is 2 sitkamers, een op die grondvloer en een op die boonste verdieping. Daar is oorgenoeg spasie waar gaste kan ontspan. Die 180°-uitsigte is pragtig en bied puik fotogeleenthede. Gratis WiFi is in die herehuis beskikbaar.

Gaste kan ontbyt in die eetarea geniet met die panoramiese uitsigte oor die strandmeer, strand en see en op die Tsitsikammaberge. Die tariewe sluit 'n volle Engelse en kontinentale ontbyt in. Die restaurant is 'n lieflike en gewilde trouvenue vir klein tot mediumgrootte funksies.

Gratis, veilige parkeerplek is beskikbaar. Gaste het gratis gebruik van strandstoele, sambrele en strandhanddoeke.

Milkwood Manor Guest House is op die strand geleë, maar dis ook naby die middedorp met winkels, talle restaurante en dit bied maklike toegang tot die N2 sodat gaste die doendinge en besienswaardighede in die area kan verken.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Portier
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Jos L
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker. Baie lekker, dankie.
Jun 2024
Angelique F
Gesin met tieners
5.0
Beste ligging. Dit was baie lekker, maar dit sou nog beter gewees het as daar watersporttoerusting ingesluit en beskikbaar was, bv. kano's, sub's ens.
Mrt 2024
Marina N
Gesin met tieners
5.0
Lieflike verblyf, fantastiese diens en uitmuntende ligging. Sien sterre.
Des 2023
Tienie P
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflik netjies en ons het lekker gebly, dankbaar vir generator. Fantasties gebly. Mooi ligging. Veilig. Mense baie behulpsaam.
Jan 2023
Hans T
Saam met lewensmaat
4.8
Kos baie lekker. Baie lekker plek om te bly. Net jammer my kamer lyk nie uit op die see.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Nonelia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Salmackweg, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Milkwood Manor Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 190
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 190
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 26 mense
  • Geen kinders onder 8
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Salmackweg, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDJiNzVmNTY5LTU1MTQtNDYwOC05ZGQ1LTMxZTc5MmIwZjg2YQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 190 per nag (plek vir 2) 13 5 1 5 Salmack Road Plettenberg Bay 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 11:00 -34.050283778673 23.375969231129

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang