Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Milkwood Manor Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Geen kinders onder 8
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Salmackweg, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 190 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Milkwood Manor Guest House bied direkte toegang vanaf die Manor na die strand, strandmeer en see. Dié gastehuis in Georgiese styl bied asemrowende uitsigte met moderne gerief en stylvolle dekor.

Die meeste van die 13 en suite-slaapkamers in die gastehuis het 'n privaat balkon en ononderbroke uitsigte. Al die en suite-badkamers het 'n stort, terwyl sommige 'n bad en 'n stort het. Sommige kamers het 'n ekstra groot dubbelbed en sommige het 2 enkelbeddens. Alle kamers is toegerus met tee- en koffiemaakgeriewe, gasvryheids-DStv, haardroër, verwarmer, waaier en elektroniese kluis.

Daar is 2 sitkamers, 1 op grondvloer en 1 bo en daar is genoeg ruimte vir ontspanning. Die webcam wat 180 grade draai, is 'n gewilde kenmerk wat gaste toelaat om hul familie en vriende die wonderlike uitsigte te wys wat hulle geniet. Gratis WiFi is oral in die Manor beskikbaar.

Gaste kan ontbyt in ons eetkamer geniet met die panoramiese uitsig oor die strandmeer na die strand, sprankelende see en Tsitsikammaberge. Die tariewe sluit 'n volledige Engelse en kontinentale ontbyt in wat eksklusief aan die Manor se gaste bedien word.

Gratis, veilige parkeerplek is beskikbaar. Daar is ook strandstoele, sambrele en strandhanddoeke is beskikbaar.

Alhoewel dit op die strand is, is Milkwood Manor Guest House naby die middedorp met winkels, baie restaurante en het ook vinnige en maklike toegang tot die N2 om die vele doendinge en besienswaardighede van die area te verken.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Portier
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 13 resensies vir Milkwood Manor Guest House
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Nonelia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Salmackweg, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Milkwood Manor Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 190
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 190
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 26 mense
  • Geen kinders onder 8
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Salmackweg, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDJiNzVmNTY5LTU1MTQtNDYwOC05ZGQ1LTMxZTc5MmIwZjg2YQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 190 per nag (plek vir 2) 13 5 1 5 Salmack Road Plettenberg Bay 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 11:00 -34.050283778673 23.375969231129

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang