Milkwood Place
Kry 30% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Milkwood Place 5, 11de Laan, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
-
Vanaf
R950R665 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Milkwood Place bied lieflike selfsorgvakansieverblyf in die hartjie van Melkbosstrand. Dit is 'n uitstekende opsie vir sakereisigers en vakansiegangers, aangesien hierdie eiendom net 5 minute se stap van die strand af is.
Hierdie eiendom bied gaste 2 woonstelle om van te kies, met slaapplek vir 2 gaste elk. Babas is welkom indien albei woonstelle deur dieselfde groep gaste bespreek word. Elke woonstel beskik oor 'n slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Kwaliteit linne en badhanddoeke word voorsien.
Elke woonstel het ook lugversorging en 'n kombuisie wat toegerus is met 'n lugbraaier, mikrogolfoond, spiraalkookplaat, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Hierdie spasie het ook 'n etenstafel en 'n klererak. Vir gaste se vermaak is gratis WiFi en 'n TV beskikbaar.
Buite is 'n patio met 'n tafel en stoele vir elke eenheid asook braaigeriewe. Indien 'n groter braai-area verlang word, kan die hoofhuis se buitebraai-area gebruik word. Die ligging van hierdie eiendom is ook 5 minute se stap vanaf plaaslike winkels en restaurante.
Vroeë inklok of laat uitklok kan geakkommodeer word afhangende van beskikbaarheid.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Andelie Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 5 maande
Ligging
- Milkwood Place 5, 11de Laan, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink Milkwood Place het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Melkbosstrand Kaapstad Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Milkwood Place 5, 11de Laan, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang