Milkwood Point
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Outlook-weg 56, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 450 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Milkwood Point bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol versierde, opgeknapte woonstel met praguitsigte oor die strand, rotse en branders. Die woonstel is in 'n goed onderhoude kompleks in 'n stil, doodloopstraat geleë wat 'n uitsig oor die Umkobi-strand in Southbroom het.
Die woonstel is op die eerste verdieping aan die einde van 'n gang. Dit het dus geen verbygaande geraas of steurnisse nie en is heeltemal privaat. Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Daar is gratis WiFi en 'n slim-TV wat aan DStv, Netflix en YouTube gekoppel is. Die eiendom het 'n omsetter en gaste sal dus nie deur beurtkrag gesteur word nie. Water is ook altyd beskikbaar aangesien die kompleks van boorgatwater gebruik maak.
Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en dubbelwaskbak Die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Die gesinsbadkamer het 'n instapstort, toilet en 'n wasbak. Duvets, komberse, ekstra beddegoed en lakens kan voorsien word wanneer dit te warm of te koud is. Die leefarea en slaapkamers het plafonwaaiers.
Verder is daar 2 strandstoele, strandhanddoeke, baie speletjies en boeke.
Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond, lugbraaier, skottelgoedwasser, 'n Breville Barista Express 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus. Daar is ook 'n toonbank met 2 stoele. Die ruim oopplan-leefarea het 'n gemaklike hoekbank en 'n TV, asook 'n eetarea en 'n kombuis. Dit lei na die toegeboude stoep met skuifdeure, waar gaste 'n uitsig oor die see kan geniet.
Daar is ook 'n toesluitmotorhuis en onderdakparkeerplek.
Die luukse kompleks bied goeie sekuriteit, 'n speelgrond, 2 swembaddens, 'n braai-area en pragtig versorgde tuine. Gaste het ook toegang tot 'n hekkie net 30 m vanaf die strand.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
- Privaat ingang
Dienste
- Diens op aanvraag
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ekstras
- Tee en koffie skinkbord
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
David A Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Outlook-weg 56, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Milkwood Point het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Outlook-weg 56, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang