Millgate Cottage
Kry 15% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 21 Okt 2024 tot 30 Nov 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Balgowan, R103, Balgowan, 3725, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 000R850 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Millgate Cottage is 'n pragtige plaas, van net oor die 2 hektaar groot, geleë tussen plase en landerye. Die meeste stadsjapies verlang na hierdie rustigheid, fantastiese uitsigte, natuurlike skoon water en suiwer lug.
Ons bied slaapplek vir 35 gaste in 3 verblyf-opsies: kothuise, suites en 'n plaashuis.
Millgate Cottage het 2 selfsorgkothuise met moderne volledig toegeruste kombuise met stowe, mikrogolfoonde, yskas-vrieskaste, breekware en eetgerei. Sekere DStv-kanale is beskikbaar. Elke kothuis het 'n onderdak-veranda en braaigeriewe. Gaste wat in die kothuise bly kan tot by die deur met hul motors ry.
Ons het 3 ekstra selfsorg-suites. 2 van die suites het selfsorggeriewe. Die derde suite, Durdle Door, het 'n yskas, 'n mikrogolf en 'n ketel maar geen stoof of opwasgeriewe nie. Al die suites het waaiers, verwarmers en DStv om genotvolle verblyf te verseker. Die suites kyk uit oor die welige tuin met 'n woud in die verte. Gaste wat in hiérdie suites bly kan hulle motors in die parkeerarea parkeer.
Ons het onlangs ons plaashuis opgeknap en dit omskep in 2 aparte gesinseenhede. Plaashuis 1 het slaapplek vir 5 mense en Plaashuis 2 het slaapplek vir tot 9 mense. Albei het volledig toegeruste kombuise, maar daar is net 1 badkamer in elke eenheid. As gevolg van hul grootte is die minimum gaste 3 of die tarief-ekwivalent. Dis lieflik in die tuin, teen die woud geleë met pragtige uitsigte en 'n rustige atmosfeer.
Hoewel dit selfsorg is, kan gaste wat oor langer periodes hier bly, elke 3 dae hul kamers laat skoonmaak en beddegoed laat ruil. Dit is beskikbaar aan gaste wat lank bly en korter, teen 'n ekstra koste.
Vir ekstra vermaak kan gaste by Balgowan se plaaslike kroeg, The Crafty Mole, gaan kuier. Hier sal jy bure en ander gaste ontmoet. Die kroeg spesialiseer in plaaslike bier wat jy in die kroeg of onder 'n boom kan geniet. Na jou drankie kan jy 'n potjie pool speel, jou vriende uitdaag vir 'n pot veerpyltjies of net gaan ontspan by die minigholfbaan. Die kroeg beskik oor 'n grootskerm-TV met DStv en bied ook WiFi.
Gaste kan die tuin geniet, en selfs in die woud invaar waar die uitsig nog beter is. Stappers kan die plaaspaadjies volg en die klanke en reuke van die natuur inneem. Daar is ook foreldamme en gholfbane in die omgewing.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Wasgoeddiens
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.7/5
Chris Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 61
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Balgowan, R103, Balgowan, 3725, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Millgate Cottage het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Balgowan Nottingham Road Natalse Middellande KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Balgowan, R103, Balgowan, 3725, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang