Beachfront in Sea Point
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 277, Seepunt, Kaapstad, 8060, Wes-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Beachfront in Seepunt is 'n pragtige selfsorgvakansiewoonstel met moderne afwerkings wat oor die Seepunt-promenade uitkyk. Dit kan die perfekte opsie wees vir 'n paartjie of toeriste wat die ikoniese Moederstad wil verken.
Dié woonstel het slaapplek vir 2 volwassenes en 1 kind op 'n slag en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. 'n Kampbedjie is ook beskikbaar. Alle linne word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Komplimentêre WiFi is beskikbaar. Dié spasie het ook 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet terwyl hulle oor die see uitkyk.
Die ligging van hierdie woonstel is net oorkant die pad van 'n wonderlike kosmark, die Seepunt-promenade en die Seepunt-openbare swembaddens af. Die Grand Pavillion Restaurant is in dieselfde gebou waar hulle heerlike etes bedien. Seepunt het maklike toegang tot Tafelberg, The V&A Waterfront, Kampsbaai, Kaapstad CBD en die wynplase is nie te ver weg nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Kindermatras vir 1
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- 24-uur Ontvangs
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ligging
- Kusweg 277, Seepunt, Kaapstad, 8060, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Seepunt Atlantiese Seekus Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 277, Seepunt, Kaapstad, 8060, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang