Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mistique Waters

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Esplenade-straat 10, Parys, 9585, Vrystaat
  • Vanaf R1 134 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Mistique Waters het die ideale ligging net oorkant die oewer van die Vaalrivier in Parys. Dis stapafstand van die dorp en die Parys Golf & Country Estate af.

Mystique Waters spog met die mooiste uitsig oor die rivier, en gaste kan heerlik in een van 5 gaste-kamers. Elke kamer is elegant versier en bied 'n stil atmosfeer. Elke kamer het slaapplek vir 2 gaste, 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, 'n priaat badkamer, platskerm-TV met DStv, lugversorging en koffie- en teemaakgeriewe.

Die gastehuis skuil in 'n lieflike tuin en het 'n pragtige omgewing wat ideaal is vir wittebroodpaartjies. Veilige parkeerplek is beskikbaar en gaste het toegang tot 'n swembad en 'n lekker lapa met braaigeriewe. WiFi is in die hoofhuis beskikbaar.

Doendinge in die omgewing sluit in: riviervlotvaart, kunsvlieghengel, abseil, 4x4-roetes en staproetes, helikopter- en warmlugballonvlugte, voëlkyk en piekniek. Gaste kan ook gerus die Wêrelderfenisgebied, die Vredefortkoepel, en Parys se beroemde antiekwinkeltjies, kunsgalerye, restaurante en koffiewinkels besoek.

Hierdie eiendom maak van sonkrag gebruik.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 98 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Zane D
Saam met lewensmaat
5.0
Theresa het ons verwelkom en ons dadelik tuis laat voel. Ons het so lekker gebly.
Des 2024
Wiets V
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstaande. Bobaas. Dankie aan almal se vriendelikheid. WiFi was nie beskikbaar.
Jun 2024
Corne B
Saam met lewensmaat
5.0
Clean and friendly place. Thanks. Was very clean and friendly hosts.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2023
Lida C
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Ons het baie lekker gebly. Baie vriendelike mense. Die tuin is pragtig. Die swembad was 'n lekker afkoel. Ons het 'n lekker ontbyt geniet....
Sien meer
Des 2023
Susan V
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflik! Die diens en moeite, netheid, alles was uit die boonste rakke. Teresa het uit haar pad gegaan om ons verblyf onvergeetlik te maak. Ek sal...
Sien meer
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Theresa Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 98

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Esplenade-straat 10, Parys, 9585, Vrystaat
  • Gaste dink Mistique Waters het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 134
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 134
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Esplenade-straat 10, Parys, 9585, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA80f35ed3a12c0f25c24ea08bd504831d54594fe0f6a18d33e64ef912984ce059a1f8cd050cedaecf793aa64a8cf879ff08e6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 134 per nag, vir 2 mense 98 5 1 5 10 Esplenade Street Parys 9585 Vrystaat 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -26.895141011775 27.459703412919

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang