Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Misty Mountain

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 90 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R37, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Vanaf R1 990 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Misty Mountain is 'n Suid-Afrikaanse Natuurerfenisgebied van 280 ha op die pragtige Long Tom-pas, 31 km vanaf Lydenburg en 24 km vanaf Sabie in Mpumalanga. Misty Mountain het 'n unieke ligging in die bergagtige platteland met asemrowende uitsigte oor die platorand en die Laeveld. Die Sheard-familie besit en bestuur dié lodge al sedert 1974 en dit is die ideale bestemming om in rustigheid te ontspan en die natuurskoon te geniet.

Verblyf word in 27 eenhede aangebied. Elke eenheid het 'n privaat stoep, braai-area, en tee- en koffiemaakgeriewe. Die eenhede word daagliks skoongemaak en linne en handdoeke word voorsien.

Misty Mountain maak voorsiening vir paartjies en gesinne met verskillende verblyfopsies. Die tariewe sluit verblyf en ontbyt in, behalwe die plaashuis wat selfsorg is. Die restaurant voorsien ook ander etes en spesialiseer in superieure, plattelandse kookkuns. Middagete en aandete is beskikbaar vanaf 'n omvattende a la carte-spyskaart.

Aktiwiteite sluit die Long Tom Toboggan, begeleide vierwielmotorfietsroetes, staproetes, Longtom-pas en voëlkyk in.

Die lodge is op die Panorama-roete geleë en die ideale basis vanwaar die Mpumalanga-platorand, The Gorge Glass Lift, God's Window, The Pinnacle, Bourke’s Luck-kolkgate, Blyderivierspoort, sowel as die wêreldbekende Krugerwildtuin en aangrensende privaat wildreservate verken kan word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 104 resensies vir Misty Mountain
Netheid
4.4/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Lisa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 104

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Langs die R37, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Gaste dink Misty Mountain het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 990
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 990
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 90 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R37, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA07ae32d03ff1df988939be35c25e6fb8bb7799b383b6c9d6ce77806ba039af00e1ed8ca2625466e350590c32eff5a4ee4d46?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 990 per nag, vir 2 mense 104 5 1 5 Off the R37 Sabie 1260 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -25.175652992699 30.660663843155

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang