Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mistyridge Guesthouse

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Tania G
Kort verblyf Gesin met tieners
4.6
Jun 2024

Rus vir jou siel en mooi natuurskoon! Mistyridge is 'n plaashuis op die Longtom-pas met 'n pragtige uitsig. Die huis is goed toegerus en vir die koue wintersaande is daar genoeg hout vir die kaggel en vir braai! Die kinders het lekker vis gevang by die dam naby stapafstand van die huis. Daar is plekkies naby genoeg van die plaas om 'n lekker ontbyt te gaan eet, en aktiwiteite te doen. Ons het 'n probleem gehad met water, maar die plaaswerker het dit darem redelik gou kon uitsorteer.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Anika V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Nov 2022

'n Lekker rustige naweek in die berg. Ons het die spasie, die huis, die sunsets en die omgewing baie geniet. Dis baie ruim en die kombuis is goed toegerus. Ons sal definitief Mistyridge Guesthouse aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Tharina P
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2022

Fantastiese wegbreek. Ons het heerlik gekuier by Mistyridge. Dankie Jakkie en gesin dat jul ons so vriendelik ontvang het, asook vir die heerlike wynen beskuit. Die kamers is baie gerieflik, met heerlike warm komberse, beide badkamers het 'n stort en bad met meer as genoeg warm water. Ons het die lieflike uitsig met die mooiste sonsondergange,op die gerieflike banke regtig geniet en goed ontspan. Daar is alles wat jy moontlik kan nodig hê beskikbaar in die huis. Dit kan 'n groot gesin of vriendekring maklik akkomodeer. Ons het baie veilig gevoel en het ons motorfiets met 'n geruste hart buite gelos. Ons sal graag weer by Mistyridge kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Christa V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Aug 2022

Sielevrede! Dis heerlik om daar te bly. Jy is direk deel van die plaasbedrywighede en sal soms 'n perd of 'n skaap op die erf raakloop. Hulle boerdery bedrywighede is baie interessant en ek gaan graag op 'n toer om te sien hoe die boedery vorder. Daar is 'n lieflike uitsig en heelwat damme om in vis te vang en beslis 4x4-paadjies. Daar is ook wild op die plaas. In kort, ek bly heerlik is die pragtige houthuis. Die huis is altyd silwerskoon! My man sal ure op die plaas rondstap.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Loune
Mistyridge Guesthouse
Baie dankie vir die mooiste resensie, Christa, ek waardeer dit opreg. Onthou, julle is altyd welkom.

Simone P
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.4
Apr 2022

Pragtige uitsig. Ongelukkig was dit nie ordentlik skoongemaak nie, van die geriewe het nie gewerk soos aangedui nie. Maar dit is 'n pragtige plaas en baie vriendelike inwooners.

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Ronel V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mrt 2020

Dit was wonderlik! So rustig en pragtig. Ons sal graag weer gaan. Die huis is heerlik ruim en netjies. Die beddegoed is baie lekker en goeie kwaliteit. Die kinders het die bergagtige dele so geniet. Ons het lekker gaan stap en plaasdiere geniet. Dis regtig so baie lekker hier. Pragtige uitsig!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Faan S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.2
Des 2020

Heerlike, ontspanne atmosfeer, lieflike ligging. Omdat dit op 'n plaas geleë is, is daar baie vlieë. Maak addisioneel voorsiening om vlieë te beheer.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Maike K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Sep 2019

Rustig, mooi natuur en gerieflike huis. Ons het ons tyd geniet by Mistyridge. Die natuur is baie mooi en ons het goed gerus. Die huis is baie gerieflik, skoon en snoesig met die kaggel. Die huis is ook goed toegerus met als wat mens nodig het. Jakkie en Loané en kinders is ook baie gasvry. Dankie ook vir die beskuit en bottel wyn.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Corlette B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2018

Ongelooflike lekker tyd gehad! Sal vir seker weer teruggaan. Ons het so lekker gekuier op die plaas. Die uitsig is asemrowend, die huis is skoon, netjies en jy't alles wat jy nodig het. Die kombuis is baie goed toegerus. Daar is ongelooflik baie in die area om te doen en te besigtig. Wil beslis weer gaan kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Benjamin V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Des 2018

Ons het die naweek so baie geniet en sal Misty Ridge beslis aanbeveel. Ons het 'n heerlike naweek op die plaas spandeer. Jakkie en sy gesin was vreeslik akkomoderend. Ek kan dit beslis vir enige iemand wat net rus vir die siel nodig het aanbeveel! Wees gewaarsku, as jy vir die aartappelsaad-toer gaan sal jy sommer self wil boer!

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Loune Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R4 000
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R4 000
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Potato Seed Production, Longtom-pas, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA73e0c41596a0d4077d377f1d35429e5eadeb6343f1ea4b907122186b8505eba3cbfc8f1c5afffff1063022ab905372dba48f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 000 per nag, vir 8 mense 12 5 1 5 Potato Seed Production Longtom Pass 1120 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -25.130273638815 30.56350082159

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang