Mkolo Selfsorg Akkommodasie
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Du Plessis Gravel Road, Benedict Plaas, Swartwater, 0622, Limpopo
- Vanaf R700 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Mkolo Selfsorg Akkommodasie is op die oewer van die Limpoporivier, 38 km vanaf Swartwater, 100 km vanaf Alldays en 155 km vanaf Lephalale geleë. Dit is dus die ideale bestemming vir 'n privaat en rustige wegbreek.
Die oopplan-eenheid het slaapplek vir 2 gaste op 2 enkelbeddens. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Linne en ekstra warmkomberse word voorsien.
Die kombuisie is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskassie, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n aparte opwasarea vir skottelgoed.
Buite is daar 'n privaat stoep met buitemeubels en braaigeriewe en dus die ideale plek om te ontspan en die uitsig oor die rivier te geniet. Die perseel is perfek vir voëlkyk en daar is talle wandelpaadjies.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Ligging
- Du Plessis Gravel Road, Benedict Plaas, Swartwater, 0622, Limpopo
Sien meer verblyf in
Limpopo- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Du Plessis Gravel Road, Benedict Plaas, Swartwater, 0622, Limpopo