Mlele Creek
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Piesang Valley-weg 88, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R2 400 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Mlele Creek is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis in die ongerepte Riverclub-oord in die hartjie van Plettenbergbaai. Hierdie eiendom is 'n ideale opsie vir 'n kuswegbreek saam met vriende en familie aangesien dit binne maklike bereik van gewilde strande en die middedorp is.
Hierdie eiendom bied gerieflike slaapplek vir altesaam 8 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed. 'n Bad is beskikbaar in die tweede badkamer.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitkamer is knus met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV.
Hierdie leefarea maak oop op 'n onderdakstoep met sitplek en braaigeriewe wat 'n wonderlike plek is vir gaste om te ontspan en 'n skemerkelkie te geniet. Alle gaste het volle toegang tot die oord se geriewe en doendinge wat 'n gemeenskaplike swembad, rivierfront, tennisbane en muurbalbane insluit.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Stapelbed
Badkamer
Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Nadine Geverifieer
Eiendomme 19
Resensies 4
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Piesang Valley-weg 88, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Robberg Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Piesang Valley-weg 88, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang