Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mmakuba Private Game Lodge

Wildsplaas
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 13 Ritbokspruit, Bracondale, Mookgopong, 0056, Limpopo
  • Vanaf R5 750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Mmakuba Private Game Lodge in Bracondale, Mookgopong, is 'n gesinsvriendelike lodge wat gerieflike verblyf met alles ingesluit bied. Dit het pragtige uitsigte oor die Waterbergreeks, insluitend Hangklip, 'n seldsame Afromontane-woudgebied. Die lodge het ook 'n afro-sjiek restaurant, swembad en 'n boskroegarea.

Die lodge, omring deur meer as 600 hektaar-inheemse bome wat wemel van voëls, bied verblyf in 14 goed ingerigte chalets wat ontwerp is vir enkel-, dubbel- of gesinsbewoning. Elke chalet het 3 koninggrootte-beddens, 2 koninggrootte-beddens óf 1 koninggrootte-bed. Die badkamers het 'n bad en 'n stort óf slegs 'n stort.

Elke chalet het 'n sitkamer en 'n kombuisie wat met 'n yskassie, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Elke chalet lei na 'n onderdakstoep met meubels en pragtige uitsigte. Gaste het toegang tot die lodge se gemeenskaplike kroegarea, swembad, sitkamer en eetarea waar hulle hul komplimentêre maaltye kan geniet.

Dié lodge is 'n paradys vir natuurentoesiaste en voëlkykers. Die bestuur is aktief besig om die reservaat te herstel en fokus op teelprogramme vir inheemse wild. Sonder roofdiere bewoon verskeie wildsboksoorte, sebras, kameelperde, apies, muskeljaatkat en vlakvarke die area.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Konferensiegeriewe
Wildritte
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

3.4/ 5

Gebaseer op 1 resensie


Netheid
2.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
1.0
Diens
4.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.4/5

Lesego Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Erfdeel 13 Ritbokspruit, Bracondale, Mookgopong, 0056, Limpopo
  • Gaste dink Mmakuba Private Game Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 5 750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 5 750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 36 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 13 Ritbokspruit, Bracondale, Mookgopong, 0056, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc04b2c3f95be77304d2e086b87454498623d3d54a67543fc578bd9357a0ddf9b55e577992df7c83d748b9c0ee100869081cb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 750 per nag (plek vir 2) 1 5 1 4 Portion 13 Ritbokspruit Bracondale 0056 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.365055650862 28.727598273853

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang