Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Modderfontein Plaas Kampeerterrein

Kampeer/karavaan
  • Kapasiteit: 90 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 06:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Modderfontein Plaas, Langs die R355/Kleinzee-pad, 10 km vanaf Springbok, 8240, Noord-Kaap
  • Vanaf R240 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Modderfontein Plaas Kampeerterrein is in die hartjie van Namakwaland geleë, slegs 10 km van Springbok af op die Kleinzeepad. Die kampterrein is die ideale basis vir diegene wat die gewilde veldblomme wil besigtig. Dit is ook die perfekte oornagplek vir gaste wat reis na of vanaf die Richtersveld of Namibië.

Modderfontein het 15 ongemerkte staanplekke wat privaatheid bied, maar ook ideaal is vir groter groepe wat saam reis. Die kampeerplekke het nie elektrisiteit nie. Daar is 2 netjiese, geteëlde ablusieblokke en warm water word voorsien deur 'n donkie, sodat gaste verkwik kan voel na 'n lang dag op die pad. Die ablusie-geriewe is rolstoelvriendelik.

Saans is daar 'n lekker groot kampvuur om die kamp-ervaring af te rond. Braai jou vleis, maak potjiekos en ontspan rondom die vuur.

Verken die plaas op jou eie tyd, stap deur die veldblomme na die rivier of bring jou bergfiets saam en ry na die klipbanke. Gaste sal hulle ook verkyk aan die indrukwekkende kokerbome.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 22 resensies vir Modderfontein Plaas Kampeerterrein
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Surina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Modderfontein Plaas, Langs die R355/Kleinzee-pad, 10 km vanaf Springbok, 8240, Noord-Kaap
  • Gaste dink Modderfontein Plaas Kampeerterrein het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R240
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R240
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 90 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 06:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Modderfontein Plaas, Langs die R355/Kleinzee-pad, 10 km vanaf Springbok, 8240, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY0YTY5ZWM4LWFlODAtNDI0ZS1hZGE4LTQ4Mjk0MWZmNTNjMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R240 per nag, vir 2 mense 22 5 1 5 Modderfontein Farm Off the R355/Kleinzee Road 8240 Noord-Kaap 021 201 8901 06:00-19:00 10:00 -29.668216 17.809352

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang