Modern Farm
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 31 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Breestraat 74, Lichtenburg, 2740, Noordwes
- Vanaf R800 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Modern Farm poog om ‘n uitsonderlike verblyfervaring vir gaste te skep met verblyfopsies wat iets meer as ‘n tradisionele oornag-gerief bied. Die eiendom pas die akkommodasie aan na aanleiding van die gas se behoeftes. Van selfsorg tot volle pakket, medium- tot langtermynverblyf of groot groepe – Modern Farm bied ‘n verskeidenheid.
Die Tweeslaapkamerwoonstel beskik oor 2 slaapkamers en bied gaste 'n plaasgevoel met moderne geriewe. Die hoofslaapkamer het lugversorging en 'n koningrootte-bed. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Beddegoed word in die kamers voorsien en die kamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort en 'n bad.
Die kombuis het 'n mikrogolf, yskas, stoof en oond, asook tee- en koffiemaakgeriewe en maaltye kan by die etenstafel geniet word. Die sitarea het lugversorging, 'n TV met DStv en WiFi is beskikbaar.
Die Eenslaapkamerwoonstel beskik oor 1 koninggrootte-bed en 'n slaapbank. Dit is ideaal vir 'n gesin met 2 volwassenes en 2 kinders. Die kombuisie het 'n yskas, mikrogolf, ketel, 'n oond en stoof, asook tee- en koffiemaakgeriewe.
Daar is 2 Enkelwoonsteleenhede beskikbaar en bied verblyf aan 2 gaste. Hier is gemaklike beddens, 'n badkamer en 'n volledig toegeruste kombuis beskikbaar.
Die Oopplan-enkelwoonstel: Vleidam bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Ander geriewe sluit 'n kombuis met 'n yskas, mikrogolf, oond en stoof, en 'n sitarea, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n TV met eksklusiewe DStv-kanale en WiFi in.
Die Old Fox Kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Ander geriewe sluit 'n kombuis met 'n yskas, mikrogolf en stoof, en 'n sitarea, koffie- en teemaakgeriewe, 'n TV met eksklusiewe DStv-kanale en WiFi in.
Braaigeriewe is op versoek beskikbaar en hout sal voorsien word. Veilige, onderdakparkeerplek is vir 'n voertuig beskikbaar.
Modern Farm is 100 m vanaf Hoërskool Lichtenburg en 700 m vanaf verskeie restaurante en wegneemete-winkels.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Ammie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 86
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Breestraat 74, Lichtenburg, 2740, Noordwes
- Gaste dink Modern Farm het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Lichtenburg Noordwes
- Kapasiteit: 31 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Breestraat 74, Lichtenburg, 2740, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang