Moholoholo Forest Camp
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vanaf die R531, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga
- Vanaf R3 366 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Moholoholo Forest Camp lê in die skadu van die majestueuse Drakensberge en is 'n intieme lodge tussen Afrika se massiewe kinabome wat die tuiste van 'n verskeidenheid voël- en dierspesies is. Die Forest Camp en die wêreldbekende Moholoholo Wildlife Rehabilitation Centre is op dieselfde eiendom van ongeveer 420 hektaar geleë, en 'n alomvattende besoek aan dié sentrum is 'n een-keer-in-'n-leeftyd-ervaring.
The Forest Camp bied 'n intieme bos-ervaring. Daar is 10 luukse chalets met 'n uitsig oor die kinienwoud en elke chalet het en suite-bad- en stortgeriewe, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 1 gesinseenheid met slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers en 9 eenhede wat elk geskik is vir 2 gaste.
Gaste kry ontbyt en aandete, asook 'n besoek aan die wêreldbekende Wildrehabilitasiesentrum. Die tye is 09:30 of 15:00, en dit is gesluit op Sondae. Dié 2 uur lange toer in die bied aan gaste 'n beter begrip van die bewaringskwessies wat Suid-Afrika in die gesig staar en herinneringe van al die inwonende diertjies. Ekstra aktiwiteite wat by die kamp aangebied word, sluit wildritte en Bushwalks teen ekstra koste in.
Die Forest Camp bied 'n unieke geleentheid om bos- en savanne-wild te ervaar, en is ook 'n paradys vir voëlliefhebbers. Die rustigheid van die lodge is ideaal vir diegene wat uit die stadsgeraas wil ontsnap en ware Afrika-bos wil geniet. Blouape, bobbejane en die skaars samango-aap kom kuier soms en sal gesinne vermaak. Verder kom kuier 'n bosvark-familie, nagapies en uile in die aand.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marisa Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 33
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Vanaf die R531, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga
- Gaste dink Moholoholo Forest Camp het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kruger tot Canyons Hoedspruit Mpumalanga
- Kapasiteit: 18 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vanaf die R531, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang