Moholoholo Lodge
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Brooklyn Plaas 426, h/v D70- en D3934-pad, Ga-Boelang Wyk 15, Acornhoek, 1360, Mpumalanga
- Vanaf R500 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Moholoholo, "die magtige een", is 'n privaat lodge en konferensiesentrum in Ga-Boelang, Mpumalanga. Die lodge is ideaal geleë vir uitstappies na die Krugerwildtuin sowat 40 km hiervandaan, asook na Blyderivierpoort, Bourke's Luck-kolkgate, Pelgrimsrus, Graskop en Sabie.
Moholoholo Lodge bied verblyf in 8 chalets. Elke chalet het 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer met 'n bad of stort, 'n rusbank, koffie- en teemaakgeriewe, 'n staanwaaier en 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook 'n skuifdeur na 'n privaat stoep met 'n tafel en stoele by elke chalet.
Neem asseblief kennis dat daar 'n grondpad is wat na die verblyf lei en dat gaste navraag moet doen oor die toestand van die pad voor hulle bespreek.
Die lodge se à la carte-restaurant is 7 dae 'n week oop en daar is 'n swembad waar gaste heerlik kan afkoel. Moholoholo Lodge is ideaal vir 'n troue of konferensie en beskik oor 2 funksie-venues.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.2/5
Ronnie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Brooklyn Plaas 426, h/v D70- en D3934-pad, Ga-Boelang Wyk 15, Acornhoek, 1360, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Kruger tot Canyons Hoedspruit Mpumalanga
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Brooklyn Plaas 426, h/v D70- en D3934-pad, Ga-Boelang Wyk 15, Acornhoek, 1360, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang