Molapo Safari Lodge
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Onschuld Plaas 551, Lephalale, 0557, Limpopo
- Vanaf R9 900 per nag, vir 12 mense
Beskrywing
Molapo Safari Lodge bied gerieflike verblyf op 'n malariavrye-reservaat. Gaste kan 'n uitsig op die manjifieke Waterberge geniet en dit is ideaal vir klein groepe vriende of gesinne wat op soek is na 'n privaat boswegbreek.
Die lodge bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 6 slaapkamers met lugversorging. Die hoofhuis het 2 suites en daar is 4 losstaande chalets. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die derde en vierde slaapkamer het onderskeidelik 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens, en en suite-badkamers met storte, wasbakke en toilette. Die vyfde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die sesde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die ruim kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware, koffiemasjien en 'n skottelgoedwasser toegerus, en daar is 'n etenstafel met stoele. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met 'n ingeboude kroeg sonder voorraad. Die leefarea het sagte sitplek met 'n kaggel. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die lodge het ook 'n tradisionele opelug-boma met 'n vuurput, braai en 'n pizza-oond. Verder kan gaste kan die swembad en sonstoele benut. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Molapo Safari is ongeveer 4 uur se ry vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg. Neem asseblief kennis dat die reistyd op die grondpad, vanaf die Visgat R33-pad na Molapo Safari, ongeveer 1 uur en 45 minute, 42 kilometer is. 'n Voertuig met 'n hoë grondvryhoogte (SUV of bakkie) word aanbeveel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Buccara Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 2
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Onschuld Plaas 551, Lephalale, 0557, Limpopo
- Gaste dink Molapo Safari Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Onschuld Plaas 551, Lephalale, 0557, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang