Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mon-Aé Guesthouse Volksrust

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 31 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Schoonstraat 4, Volksrust, 2470, Mpumalanga
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Mon-Aé Guesthouse Volksrust is in die geskiedkundige dorpie Volksrust aan die voet van die Amajubaberge.

Die gastehuis bied kamer-opsies met slaapplek wat wissel tussen 2 en 6 gaste, en 'n selfsorgwoonstel. Elke kamer het 'n koningingrootte-bed, elektriese kombers en 'n en suite-badkamer met 'n bad of stort of albei.

Al die kamers het TV's met DStv en sommige het ook yskassies en koffie- en teemaakgeriewe. Die selfsorgwoonstel het 'n kombuisie met 'n mikrogolf, stoof en yskassie.

Die gastehuis bied heelwat plek waar gaste heerlik kan ontspan, soos gaste-sitkamers met DStv, 'n stoep en 'n pragtige tuin. Braaigeriewe en veilige parkeerplek is ook beskikbaar.

Mon-Aé Gastehuis is stapafstand vanaf die laerskool, hoërskool, winkels en kerke. Volksrust bied verskeie restaurante, doendinge soos perdry, voëlkyk, 4x4-roetes, en besienswaardighede soos die slagveldroete en ander geskiedkundige plekke.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Konferensiegeriewe

  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 35 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Jana G
Gesin met klein kinders
5.0
Skoon, netjiese en vriendelike verblyf. Ons het baie lekker gebly, dit was baie koud in Volksrust en ons het baie lekker warm gebly. Sal definitief we...
Sien meer
Aug 2024
Renske P
Saam met lewensmaat
5.0
Oulike kamer, mooi gastehuis. Lieflike kamer, netjies en skoon. Rustige area en naby aan die skool waar ons moes wees. Baie dankie!
Jun 2024
Hannatjie R
Saam met lewensmaat
5.0
Baie netjiese gastehuis. Baie lekker gebly, personeel baie vriendelik.
Jan 2024
Eric M
Saam met lewensmaat
4.8
Netjies en baie goed geleë! Mooi huis en kamers!
Mrt 2023
Caroline D
Saam met lewensmaat
4.6
Het slegs oorgeslaap, maar gasheer is regtig 'n mense-mens. Heerlik geslaap. Bed is wow, en omgewing is stil en rustig.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Bernie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 35

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Schoonstraat 4, Volksrust, 2470, Mpumalanga
  • Gaste dink Mon-Aé Guesthouse Volksrust het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Volksrust Mpumalanga
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 31 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Schoonstraat 4, Volksrust, 2470, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGVhOTQxNjM5LTMwMTQtNGY5OC04ODdhLTI0OWUwODEyYzkyNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 35 5 1 5 4 Schoon Street Volksrust 2470 Mpumalanga 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -27.365727172498 29.875443130732

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang