Monkey Puzzle
Kry 25% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Stinkwood-straat 55, Brenton-on-Sea, Knysna, 6571, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 500R1 125 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Monkey Puzzle is 'n woonstel met 'n lieflike see- en vallei-uitsig in die skilderagtige see-enklawe van Brenton-on-Sea in Knysna, 'n dorp wat langs die bekende Tuinroete geleë is.
Dié woonstel beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers en bied slaapplek aan 4 volwassenes en 1 kind. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed vir 'n kind. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Elke badkamer het 'n toilet, wasbak, bad en 'n stort.
Die leefarea het 'n etenstafel met stoele en 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV. Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof, yskas-vrieskas, tweeplaatstoof met 'n oondjie en 'n mikrogolfoond toegerus.
Veilige parkeerplek, braaigeriewe en gratis WiFi is beskikbaar. Die verblyf is net 'n entjie vanaf Brenton-strand waar gaste ook 'n rustige wandeling na Buffelsbaai en terug kan geniet. Daar is 3 restaurante in Brenton-on-Sea en nog 3 net 'n entjie se ry weg. Gaste kan die skilderagtige Fisherman's Walk besoek en Knysna is ook naby geleë.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbed vir 1
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Stinkwood-straat 55, Brenton-on-Sea, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Stinkwood-straat 55, Brenton-on-Sea, Knysna, 6571, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang