Monks View
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Gibb-straat 3, Monks View, Eenheid 21, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Monks View is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel wat in die middedorp in Plettenbergbaai geleë is, stapafstand vanaf verskeie restaurante en winkels.
Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede en derde slaapkamers het onderskeidelik 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens, en deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe, en beskik oor 'n skottelgoedwasser vir gaste se gerief. Dit strek tot by 'n etenstafel en lei verder na die sitkamer wat met gemaklike rusbanke en 'n TV gemeubileer is.
Die eenheid lei na 'n balkon met sitplek buite en see-uitsigte. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Gibb-straat 3, Monks View, Eenheid 21, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Gibb-straat 3, Monks View, Eenheid 21, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang