Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Swartberg Hotel

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 58 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 77, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 940 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Swartberg Hotel is 'n bekoorlike Victoriaanse hotel in die hartjie van die sonderlinge Karoo-dorpie, Prins Albert.

Dié hotel dateer uit 1864 en is tans 1 van 19 nasionale monumente in die dorpie. Dit is tot vandag toe die enigste hotel in Prins Albert. Dit is die ideale plek om die Karoo se natuurskoon en 'n hemelruim vol helder sterre te geniet.

Gaste kan kies tussen kamers in die hoofgebou, sowel as kothuise in die tuin. Elke ruim kamer is gerieflik gemeubileer en het 'n elegante Victoriaanse atmosfeer en die kothuise bied ’n uitsig oor die tuin.

Die hotel het 'n groot Victoriaanse eetkamer waar gaste 'n a la carte-spyskaart met plaaslike geregte kan geniet. Die koffiewinkel op die perseel bedien ontbyt en middagete. Gaste kan in die swembad afkoel of 'n yskoue drankie by die Ladies Bar geniet. Gaste het toegang tot die hotel se gimnasium en die Swartberg Hotel Spa.

Prins Albert is maklik bereikbaar van die N1 af en is die ideale oornagplek vir gaste wat tussen Kaapstad en die binneland reis. Die pad na Prins Albert van die N2 af is 'n bietjie langer, maar uiters aanskoulik - Meiringspoort en die Swartbergpas is absoluut asemrowend.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Konferensiegeriewe
Gimnasium
Spa
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 171 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Francois L
5.0
Amazing stay. Hier is die hersiening in Afrikaans: Ek het my verblyf by die Swartberg Hotel ongelooflik geniet! Van die oomblik dat ons aangekom het, ...
Sien meer
Jan 2025
Leanda S
Gesin met tieners
5.0
Soos hierbo. Ons bly altyd lekker by die Swartberghotel. Goeie vriendelike diens en betrokkenheid van die eienaars.
Jan 2025
Rachel H
Gesin met tieners
5.0
Friendly and great service. Thank you for the great and friendly service!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Maryna O
Saam met vriende
5.0
Sal beslis weer daar gaan bly. Almal vriendelik en behulpsaam. Wonderlike plek. Baie pragtige kamers, lekker gebly. Kos was baie lekker gewees.
Des 2024
Annie C
Saam met lewensmaat
5.0
Oornag oppad Kaap toe. Wat 'n pragtige oase in die dorre Karoo. Heerlike, gerieflike kamers. Die eetsaal met sy pragtige gedekte tafels en smullekker ...
Sien meer
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Ronel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 171

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Kerkstraat 77, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Gaste dink Swartberg Hotel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 940
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 940
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 58 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 77, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDVmOWQyMDFiLWJjZmQtNDMwZC05ZTQyLTBjZmEwZTAwZjJiZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 940 per nag, vir 2 mense 171 5 1 5 77 Church Street Prince Albert 6930 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.22309110594 22.029438312898

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang