Montagu Springs
- Kapasiteit: 302 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Uitvlucht-straat 2093, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Vanaf R995 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Montagu Springs is in die middel van die bekende Roete 62 geleë en is die perfekte wegbreekplek in 'n asemrowende omgewing. Dis sowat 200 km vanaf Kaapstad en naby die Breederiviervallei, Robertson en uitstekende wynplase.
Montagu is die perfekte plek vir gaste wat wil wegkom van die stadsgewoel. Dit lê langs die Keisierivier wat sorg vir pragtige natuurskoon en watervalletjies. Hier is 'n groot verskeidenheid spesies voëls.
Hier is werklik iets vir almal soos gemaklike verblyf, pragtige natuurskoon en lekker doendinge. Dit is ideaal vir romantiese wegbreke vir paartjies, families wat op soek is na 'n lekker plek wat almal sal geniet, en selfs vir diegene wat 'n onvergeetlike tyd saam met hul vriende wil geniet.
Die selfsorg-kothuise by Montagu Springs is nie net op 'n stukkie paradys geleë nie, maar pas alle behoeftes en begrotings. Daar is slaapplek vir 2 tot 4 volwassenes, 'n oopplan-sitkamer en -eetkamer asook 'n kombuis wat volledig toegerus is. Lugversorging en privaat braaiplekke is beskikbaar en gaste kan kies of hulle in chalets met 1 of 2 slaapkamers wil tuisgaan.
Daar is tientalle lekker doendinge by Montagu Springs. Die bekroonde warmswembaddens is vir volwassenes én kinders 'n trekpleister. Daar is ook 3 koue swembaddens, braaigeriewe by elke chalet, 2 tennisbane, piekniekplek langs die rivier, 'n speelarea met 'n klimraam vir kinders, fietse om te huur en 'n grasperk.
Besienswaardighede in die omgewing sluit avontuursport, wyntoere, gholf, kuns en kunsvlut, bootritte op die rivier en trekkerritte in.
Buiten die magdom doendinge bied Montagu Springs ook 'n ontspannende omgewing. Die 'n toevlugsoord tussen boorde, wingerde, pragtige berge en asemrowende bergpasse.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Blaaibord
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.2/5
Reservations Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 365
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Uitvlucht-straat 2093, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Gaste dink Montagu Springs het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Montagu Kaapse Wynlande Wes-Kaap
- Kapasiteit: 302 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Uitvlucht-straat 2093, Montagu, 6720, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang