Montagu Vines Gastehuis
- Kapasiteit: 16 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 2 Tanner Straat, Montagu, 6712, Wes-Kaap
- Vanaf R2 760 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Pam and Ant, twee trotse Suid-Afrikaanse eienaars, heet jou welkom by Montagu Vines Gastehuis!
Montagu Vines is in die historiese Montagu-bewaringsarea geleë. Die hoofplaashuis is tussen 1900 en 1910 gebou en reflekteer die Karoo-plaashuise wat deur die vroeë Victoriaanse era beïnvloed is.
Daar is 8 tuinkamers in totaal waarvan 5 standaardkamers en 3 luukse kamers is. Die kamers is in die tuin geleë kyk uit op die dam, pragtige olyfboord en komplementeer die statige hoofhuis. Ons bied ons gaste 'n voorsmakie van outydse gerief en luuksheid in Montagu op die wêreldberoemde Roete 62.
Gaste kan ontspan in die swembadjie wat in die rustige tuine tussen manjifieke ou eike- en melkhoutbome geleë is. Anders kan jy op die grasperke uitspan met glorieryke uitsigte op die olyfboord en omringende berge terwyl jy slukkie-vir-slukkie drink aan 'n glas wyn van een van ons plaaslike wynplase!
Gaste kan andersins in die knus sitkamer ontspan met 'n boek of tydskrif of in die gemak van hulle tuinkamer.
Montagu Vines is net 'n entjie se stap van die middedorp af en sy geriewe maak voorsiening vir alle smake en belangstellings. Daar is restaurante, koffiewinkels, bistro’s, historiese kerke/geboue en rustige tuine vir die besoeker om te geniet. Gaan wandel 'n entjie deur die geskiedkundige Montagu of probeer een van die talle voetslaanpaadjies vir diegene wat graag oefening en vars lug wil geniet.
Montagu Vines is die perfekte plek vir daardie intieme naweke, verjaarsdae en herdenkings of as 'n stilhouplek terwyl die Roete 62 met alles wat dit bied ontdek word.
Jy mag dalk gelukkig wees en die "inwonende" uile in 'n ou eikeboom sien of een van die groot skilpaaie ontmoet wat van die aangrensende natuurreservaat in die olyfboord kom kuier!
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Pam & Ant Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 24
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- 2 Tanner Straat, Montagu, 6712, Wes-Kaap
- Gaste dink Montagu Vines Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Montagu Kaapse Wynlande Wes-Kaap
- Kapasiteit: 16 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 2 Tanner Straat, Montagu, 6712, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang