Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Montanus

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clarens Golf and Leisure Estate 51, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R4 400 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Montanus is in die Clarens Gholf- en Forellandgoed in die skilderagtige dorpie Clarens geleë en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n luukse vierslaapkamerhuis. Clarens is 'n gewilde wegbreekplek vir toeriste en 'n heerlike plek om te ontspan vir 'n naweek of selfs langer.

Die huis het slaapplek vir 8 gaste in 4 ruim slaapkamers, elk op 'n ander verdieping. 3 van die slaapkamers het dubbelbeddens en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die slaapkamers het ook ingeboude kaste en spieëlkaste en linne en handdoeke word voorsien. Die ruim oopplan-leefarea is pragtig gemeubileer en bestaan uit 'n sitkamer, eetkamer en kuierhoekie. Daar is 'n heerlike kaggel vir die koue wintermaande.

Die leefarea bied via skuifdeure toegang tot 'n patio met stoepmeubels en 'n ingeboude houtskoolbraai. Gaste kan van hier af lieflike uitsigte oor Clarens, Rooiberg en Lesotho se Malutiberge in die verte bewonder. Die huis het 'n TV met volledige DStv. Die kombuis is toegerus vir selfsorg met marmer-werkoppervlakke, 'n oond, stoof, yskas-vrieskas en mikrogolf. Daar is 'n opwaskamer langs die kombuis wat beskik oor 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër en opwaskamer. Verder is daar 'n dubbelmotorhuis vir 2 voertuie en nog 2 ekstra parkeerplekke in die oprit.

Die oorspronklike 9 putjie-gholfbaan is na 'n 18 putjie-baan opgegradeer. Al 18 putjies is tussen die rivier en damme geleë. Die nuwe klubhuis bied 'n lieflike uitsig op die berg. Besoekers aan Clarens het 'n hele rits doendinge om van te kies: riviervlotvaart, perdry, vierwielmotorfiets, voetslaan, tennis, muurbal, forel visvang, kunsklasse, gholf, abseil, bergstaproetes en natuurreservate. Gaste kan by Clarens se inligtingkantore navraag doen oor hierdie aktiwiteite.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 4 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Ellen B
Saam met vriende
5.0
Asemrowend. Pragtige huis, alles was mooi, skoon en netjies. Ons het vreeslik lekker gekuier die naweek. Sal dit beslis aan enige iemand aanbeveel.
Okt 2024
Herkie T
Gesin met tieners
5.0
Sal definitief aanbeveel vir klein en groot groepe tot en met 8 mense. Ja, elke kamer het sy eie vol badkamer met bad en stort. Alle geriewe wat inslu...
Sien meer
Jun 2024
Jurie V
Saam met vriende
5.0
Gerieflik en skoon. Ons het vir seker baie lekker gebly. Ek het gedink daar is lugversorging in die kamers ook, so het bietjie warm geslaap, maar nie ...
Sien meer
Mrt 2024
Pw H
Saam met vriende
5.0
Baie lekker gebly. Sal Montanus vir seker aanbeveel. Ruim, pragtige uitsig en baie netjies.
Feb 2023
Elsa D
Saam met vriende
4.8
Gesellige twee dae in mooiste omgewing. Pragtige en luukse verbly in mooi, veilige en skoon huis wat goed toegerus is.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Gavin Geverifieer

Eiendomme 11

Resensies 681

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Clarens Golf and Leisure Estate 51, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Montanus het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 400
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R 4 400
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clarens Golf and Leisure Estate 51, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc5Nzc4MTFjLTM5MGUtNGM1Zi04MTc3LTFkMWUzZjlhNTFmYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 400 per nag, vir 8 mense 28 5 1 5 51 Clarens Golf and Leisure Estate Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.506856430277 28.42864156752

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang