Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Monte Leone Self-catering

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Disandt-laan 14, Fresnaye, Seepunt, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 230 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Monte Leone Self-catering is 'n selfsorgwoonstel op die eienaar se perseel teen die hange van Leeukop in Fresnaye, Seepunt. Dié lieflike, Victoriaanse woonstel is 5 minute vanaf winkels, restaurante, strande en ander besienswaardighede aan die Kaap se Atlantiese kuslyn.

Die woonstel bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n slaapkamer, badkamer en 'n oopplan-leefarea en -kombuisie. Die sitkamer het 'n nou stel trappe na die slaapkamer met 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-toilet en 'n sonnige en ruim aantrekkamer. Die sitkamer lei ook na die badkamer met 'n stort en 'n gastetoilet. Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolfoond, oondjie en tweeplaatstoof toegerus.

Die oopplan-sitkamer langsaan het 'n TV met sekere DStv-kanale. Die sitkamer het skuifdeure wat op 'n sonnige stoep met gas- en houtbraaigeriewe en 'n uitsig oor die swembad en die voëlhok oopmaak. Gaste het privaat gebruik ban die stoep, swembad en braaigeriewe. Die swembad is bedek om water te bespaar, maar dit kan afgehaal word wanneer gaste wil swem. Swem is op gaste se eie risiko.

Daar is oorgenoeg gratis parkeerplek in die straat voor die hek. Gaste het ook toegang tot die hele tuin. Die MyCiTi-bushalte is 'n paar minute se stap weg en gaste kan die gasheer se 2 MyCiTi-kaarte gebruik om geld op te laai om van die diens gebruik te maak.

Die eiendom is sowat 4,5 km vanaf die gewilde V&A Waterfront en 6,5 km vanaf die Tafelberg-kabelkarretjie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Margaret Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Disandt-laan 14, Fresnaye, Seepunt, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Gaste dink Monte Leone Self-catering het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 230
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 230
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Disandt-laan 14, Fresnaye, Seepunt, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA686eaa212973241007bc497e2f706ccb347c974bf6ebbf5bb795ffad6441336693c96a43d82d5b23c7a56370475886eec3b0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 230 per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 14 Avenue Disandt Fresnaye, Sea Point 8005 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -33.923582425323 18.386963835582

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang