MonTQ Guest House
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Langstraat 46, Montagu, 7405, Wes-Kaap
- Vanaf R750 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
MonTQ Guest House is 'n historiese grasdakmonument in die hartjie van die pragtige Montagu wat op die bekende Roete 62 geleë is.
Dié gastehuis het 3 en suite-kamers wat elk lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale, verwarmers, gratis WiFi, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n haardroër het. Die kamers is almal rondom 'n pragtige binnehof gerangskik en rus in die skadu van twee 100 jaar oue saffraanpeerbome. Elke kamer het 'n privaat ingang via die binnehof.
Gaste het toegang tot 'n privaat tuin met 'n swembad. Dit is die ideale plek om te ontspan na 'n lang dag of net die uitsig op die omliggende berge te bewonder.
Die restaurant op die perseel sit ligte middagetes en a la carte-etes voor, hetsy in die binnehof of voor die kaggel in die gesellige restaurant. Die karaktervolle kroeg is 'n lekker kuierplekkie waar 'n drankie voor of ná ete geniet kan word, of gaste kan van die omgewing se beste port en muskadel proe. Die wynlys bied die beste in plaaslike wyne wat enige wynliefhebber tevrede sal stel.
Montagu is 'n geskiedkundige dorpie in 'n pragtige wyn- en vrugtevallei en word deur prentjiemooi berg omring. Die dorp het natuurlike warmwaterbronne wat toeriste die perfekte geleentheid bied om die genesende aard van die waterbron te ervaar en is daagliks tot laat oop. Montagu bied prettige aktiwiteite soos 4x4-trekkerritte, bergklim, rotsklim, vierwielmotorfietsry, staproetes en spa-behandelings. Die omgewing het verskeie wynproeplekke, en die omliggende dorpies soos Barrydale, McGregor en Bonnievale is die ideale bestemmings vir daguitstappies. Montagu is 'n ware skat en het uitstekende restaurante en wynkroeë wat die ware Karoo-leefstyl van lekker kos en lekker wyn weerspieël.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Wynproe
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Lana Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 169
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Langstraat 46, Montagu, 7405, Wes-Kaap
- Gaste dink MonTQ Guest House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Montagu Kaapse Wynlande Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Langstraat 46, Montagu, 7405, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang