Montusi Mountain Lodge
Kry 20% af. Geldig vir verblyf vanaf 5 Jan 2025 tot 31 Mrt 2025.
- Kapasiteit: 40 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Langs die D119, Noordelike Drakensberge, Bergville, 3350, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R7 310R5 848 per nag, vir 2 mense -
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Montusi Mountain Lodge is in die Noordelike KwaZulu-Natal Drakensberge, naby die Royal Natal Natuurreservaat geleë. Die lodge het vanaf elke gebou 'n uitstekende uitsig op die Amfiteater-berg.
Elke suite is versier met die aardse kleure van Afrika en het 'n gerieflike slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Die sitkamer met 'n TV, gasvuurmaakplek en privaat stoep. Koffie- en teemaakgeriewe sluit 'n yskassie vir vars melk in. Die yskassie kan op versoek gevul word. Al die suites het 'n motorafdak vir 1 voertuig. Meeste suites het 'n koninggrootte-bed, maar sommige suites het 2 enkelbeddens. A die suites het 'n panoramiese uitsig.
Die lodge is op 'n 1000 hektaar bewarea geleë met pragtige strome, 'n waterval, 4 damme, dele van 'n natuurlike woud, twee grotte en boesmantekeninge. Die eiendom bied 'n pragtige speelgrond vir die eksklusiewe gebruik van Montusi gaste om te stap, perd te ry, bergfietsry, velddraf en voëlkyk. Binne die gronde is 'n tennisbaan en 'n pragtige natuurlik-ontwerpte swembad.
Die lodge fokus op ruimte, gerief en vrede met persoonlike aandag aan die kleinste besonderhede. Dingetjies soos vars blomme in die suites, pragtige individueel voorbereide maaltye en komplimentêre verwelkomingsdrankies maak Montusi 'n juweel in die Drakensberg.
Naby is 'n gholfbaan en 'n avontuursentrum en die Royal Natal Nasionale Park. Die Amfiteater Gholfbaan is teen die oewer van die Tugelarivier af en het 'n uitdagende 9-putjie-baan. Die All Out Adventure-sentrum bied 8 adrenalien-gevulde doendinge, soos 'n boomtop-kabelspoortoer en vierwielmotorfietsritte. Die Royal Natal Nasionale Park bied onbeperkte staproetes, boesmantekeninge en kleinwild.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Lindsay Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 144
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Langs die D119, Noordelike Drakensberge, Bergville, 3350, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Montusi Mountain Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Noordelike Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 40 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Langs die D119, Noordelike Drakensberge, Bergville, 3350, KwaZulu-Natal
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang