Moolmanshoek Private Game Reserve
Kry 25% af. Geldig vir verblyf vanaf 17 Sep 2024 tot 12 Des 2024.
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 28 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Moolmanshoek Private Game Reserve, R70 tussen Ficksburg en Rosendal, Ficksburg, 9730, Vrystaat
-
Vanaf
R2 965R2 224 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Moolmanshoek Private Game Reserve is tussen die Wittebergreeks versteek wat in die noord-suid-rigting tussen Ficksburg en Bethlehem in die Vrystaat strek. Dié reservaat is in 1994 as 'n Natuurlike Erfenisgebied verklaar, hoofsaaklik weens die skaars bergbamboes wat in die vallei groei.
Verblyf word in 'n verskeidenheid en suite-slaapkamers in 'n sandsteenlodge gebied. Die meeste suites het 'n kaggel of Queen Ann-stofies, terwyl die Executive Suites ondervloerverhitting het. Al die kamers voorsien geriewe soos handdoeke, 'n haardroër, elektriese kombers en tee- en koffiemaakgeriewe.
Gaste kan gebruik maak van die biljartkamer, eerlikheidskroeg, biblioteek en sonkamer bo met 'n asemrowende uitsig oor die reservaat en berge.
Verder kan gaste 'n heerlike ontbyt op die groot stoep van die plaashuis geniet, of in die ruim sitarea as dit onweer is. Albei areas het 'n praguitsig oor die Visierskerfberg. Piekniekmandjies en 'n driegangmaaltyd kan teen 'n addisionele koste by die gelisensieerde restaurant bestel word.
Moolmanshoek Private Game Reserve het lieflike geriewe: Jy kan op 'n rustige wildrit gaan of die reservaat van 'n perd se rug of in 'n perdekar verken. Die SA-boerperde en arabierperde is in die vallei geteël wat tans meer as 300 perde se tuiste is. Die Langesnek Leierskapsentrum is 2 km van Moolmanshoek Lodge af wat dien as basis vir dié sentrum en ook vir voetslaaners.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Kinderoppasser Op Versoek
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Piekniekmandjies Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Witborde
- Internet
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Mafie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Moolmanshoek Private Game Reserve, R70 tussen Ficksburg en Rosendal, Ficksburg, 9730, Vrystaat
- Gaste dink Moolmanshoek Private Game Reserve het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Oos-Vrystaatse Hooglande Vrystaat
- Kapasiteit: 28 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Moolmanshoek Private Game Reserve, R70 tussen Ficksburg en Rosendal, Ficksburg, 9730, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang