Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Moon Mountain Lodge

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vanaf die B1, Moon Mountain Plaas, 30 km vanaf Solitaire, 0000, Hardap
  • Vanaf R6 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Moon Mountain Lodge is 'n tentlodge aan die voet van die Naukluft-berge. Die lodge is 56 km vanaf Sesriem - die poort na Sossusvlei, die tuiste van die wêreld se hoogste duine. Dis ook naby die dorpie Solitaire.

Verblyf word in groot en lugtige kamers, met die geriewe soos in luukse hotelkamers, gebied. Gaste kan die eindelose uitsig vanuit die bed of privaat plonspoel geniet. Elke hut is uniek versier en het 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer en 'n privaat dek.

Ontbyt en aandete is ingesluit en word by die restaurant op die perseel voorgesit. Plaaslike Namibiese en Suid-Afrikaanse produkte word hiervoor gebruik. Ingevoerde wyn uit die Kaap word saam met die smullekker disse bedien.

Die kroeg op die perseel is volledig gelisensieerd en het 'n groot dek waar gaste saans salig kan sit en sterrekyk. Die dek bied asemrowende uitsigte oor Namibië en die versteende duine in die verte. Die lodge het ook 'n klein fliekteater met 'n groot platskerm-TV, DStv, kringklank en 'n DVD-speler. Dié kamer is ook perfek vir klein konferensies en daar is plek vir altesaam 17 konferensiegangers.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.8
Waarde vir geld
3.8
Diens
4.3
Veiligheid
3.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

Frans Geverifieer

Eiendomme 9

Resensies 55

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Vanaf die B1, Moon Mountain Plaas, 30 km vanaf Solitaire, 0000, Hardap
  • Gaste dink Moon Mountain Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Abbabis Hardap Namibië
Vanaf
Vanaf R 6 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 6 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 34 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vanaf die B1, Moon Mountain Plaas, 30 km vanaf Solitaire, 0000, Hardap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd33a76eef6111460cb2c0a0871fabee429e11d05b822a8bf6c64585d177c90b05f07d03edf8266633f18bf4e905a581db63b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 200 per nag, vir 2 mense 4 5 1 5 Off the B1 Moon Mountain Farm 0000 Hardap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.101347 15.976132

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang