Morning Glory Cottages
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Gelykfontein Stud, R58, Karoo, Venterstad, 9798, Oos-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Morning Glory Cottages bied selfsorgverblyf op 'n plaas, die Gelykfontein Stoetery (Van der Walt sedert 1884). Die gastehuis bied bekoorlike suites en is naby Venterstad in die Karoo-hartland in die Oos-Kaap geleë. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf en hartlike gasvryheid weg van die stad se gedruis af.
Morning Glory Cottages is slegs 'n kort rit weg van die N1, langs die suidoostelike kuslyn van die Gariepdam, vanaf Venterstad en Oviston, op pad na Gqeberha (Port Elizabeth), Port Alfred, Addo en Plettenbergbaai.
Verblyf by Morning Glory word aangebied in 5 eenhede wat volledig gemeubileer is en bekoorlik versier is. Al die suites is ruim en het geriewe soos 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n mikrogolfoond asook eetgerei en breekware. Algemene geriewe in die eenhede sluit 'n TV met sekere DStv-kanale in. Ongelukkig is daar nie Supersport 1 nie. Daar is plafonwaaiers, haardroërs, lugversorging, ekstra komberse en elektriese komberse vir koue aande, en gratis WiFi-kuberkol in die meeste areas. Veilige parkeerplek word op die perseel voorsien.
Morning Glory bied ook braaigeriewe vir gaste in die lapa en 'n plonspoel om in af te koel in die somer.
Daar is verskeie doendinge soos natuurwandelinge, sterrekyk, voëlkyk, interaksie met plaasdiere, volbloedperdstoetery, bergfietsry op die plaas-bane (gaste moet hul eie fietse bring), pragtige sonsondergange of die rustigheid van 'n Karooplaas.
Daar is ander besienswaardighede soos wildritte in die naburige wildreservaat en visvang by die Gariepdam, sowel as 4x4-roetes, Anglo-Boereoorlogterreine, Oviston-watertonnel en vele meer.
Vir die sakereisiger het die gastehuis 'n konferensielokaal wat plek het vir tot 10 afgevaardigdes.
Let asb. op dat daar ongelukkig geen troeteldiere toegelaat word nie. Daar is slegs beperkte selfoonopvangs. Enige etes wat bestel word, word by die kamer afgelewer en kan in die kamer of op die stoep geniet word. Die instansie het nie 'n restaurant of eetkamer nie.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Lynette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 160
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Gelykfontein Stud, R58, Karoo, Venterstad, 9798, Oos-Kaap
- Gaste dink Morning Glory Cottages het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Oviston Venterstad Karoo Oos-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Gelykfontein Stud, R58, Karoo, Venterstad, 9798, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang