Mossel Bay Beach Cottage
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 59, Rheebok, 6506, Wes-Kaap
- Vanaf R2 900 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Mossel Bay Beach Cottage is 'n selfsorgkothuis wat 'n sorgvrye vakansie toon met 'n rustige omgewing 'n hanetreetjie van die strand in Rheebok af. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n wegbreek op die Tuinroete aangesien die kothuis met 'n 180-grade see-uitsig spog met die Mosselbaai-ligte saans in die agtergrond.
Dié kothuis bied gerieflike slaapplek vir 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie 2 kamers deel die tweede badkamer wat ook 'n stort het.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof en oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is ook beskikbaar. Vanuit die kombuis lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir almal om hul etes saam te geniet. Die sitkamer het 'n slim-TV met DStv, en WiFi is beskikbaar. Die leefarea maak oop op 'n lieflike houtdek met buitemeubels en 'n ingeboude braai wat die perfekte plek is vir 'n skemerkelkie in die aand terwyl jy die uitsigte oor die Indiese Oseaan bewonder.
Veilige parkeerplek is beskikbaar vir 3 motors op die perseel.
Dié kothuis is ongeveer 25 minute se ry na George, 10 minute se ry na Groot-Brakrivier en Hartenbos, en 15 minute se ry na Mosselbaai. Doendinge in die omgewing sluit wynproe, voetslaan, visvang, wildritte, helikoptervlugte, valskermsweef, walviskyk tussen Junie en Oktober, en die langste oorsee-ritlyn in die wêreld in.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Jacqui Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 2
Resensies 35
Op LekkeSlaap 9 maande
Ligging
- Kusweg 59, Rheebok, 6506, Wes-Kaap
- Gaste dink Mossel Bay Beach Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Klein-Brakrivier Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 59, Rheebok, 6506, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang