Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mosselbaai See Uitsig

Selfsorg
Weeksdagaanbod 10% af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 14 Aug 2024 tot 30 Nov 2024.

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5de Laan 25, De Bakke, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 500 R4 050 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Mosselbaai See Uitsig is 'n ruim vakansiehuis in De Bakke in Mosselbaai. Die selfsorghuis is stapafstand vanaf Santos-strand, net 1,7 km vanaf die hawe en naby winkels en plaaslike besienswaardighede geleë. Dit is ideaal vir gesinne en vriendegroepe wat op soek is na 'n gerieflike en ontspannende wegbreek.

Die ruim huis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, TV teen die muur en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die ander 2 slaapkamers het elk 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Daar is 4 badkamers waarvan 1 'n bad en 'n toilet het en 2 storte, wasbakke en toilette het. Die laaste een is 'n aparte gastetoilet. Alle nodige linne en badhanddoeke word voorsien.

Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n mikrogolfoond, stoof, oond, eetgerei, breekware, 'n lugbraaier, toonbank met stoeltjies en 'n Nespresso-masjien toegerus is. 'n Opwaskamer met 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser is ook beskikbaar. Die eetarea het 'n tafel met stoele en die sitarea het gemaklike rusbanke, 'n kaggel en nog 'n TV teen die muur. Daar is ook 'n speletjieskamer met bordspeletjies, sitplek en 'n yskas. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die balkon spog met 'n asemrowende see-uitsig en die tuin het 'n swembad. Daar is ook 'n binnebraai-area met sitplek. Veilige parkeerplek is in 'n dubbelmotorhuis op die perseel beskikbaar.

Kamer-opset

Kapasiteit: 10 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 4
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Bad, Toilet
Badkamer 2

Bad, Toilet
Badkamer 3

Toilet
Badkamer 4

Stort

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Elektriese kombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Ligging

  • 5de Laan 25, De Bakke, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 500
R4 500 R4 050
per nag (plek vir 10)
Vanaf R4 500
R4 500 R4 050
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5de Laan 25, De Bakke, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAba48171bd289cc45ea56cb1dd0e7dbee996cd18987f9522ae8f34e7fb00588c9a65c9e543a9d9a39543624dcf2ea9ca98dc6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R4 500 nouVanaf R4 050 per nag (plek vir 10) 25 5th Avenue De Bakke 6506 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.1764033 22.1330161

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang