Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mount Camdeboo Private Game Reserve

Lodge
Op die Nippertjie-aanbod 15% af

Kry 15% af op alle besprekings wat 7 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mount Camdeboo, Petersburgweg, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Vanaf R9 250 R7 863 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Mount Camdeboo Private Game Reserve is 60 km buite Graaff-Reinet geleë en is die tuiste van verskeie bedreigde spesies wat suksesvol terug gerehabiliteer is in die Groot-Karoo. Verblyf word in 3 historiese, maar pragtige gerestoureerde Kaaps-Hollandse huise, 'n kothuis en 2 luukse safari-tente gebied.

Camdeboo Manor en Courtyard Manor bied elk verblyf in individuele kamers. Elke hoofhuis het 'n gemeenskaplike sitarea met 'n TV wat sekere DStv-kanale het, asook 'n gemeenskaplike swembad. Hillside Manor is 'n drieslaapkamerhuis met 'n privaat swembad, ideaal vir 'n gesin of groepe. Pepper Tree Kothuis is in 'n afgeleë deel van die pragtige tuine geleë en bied 'n romantiese wegbreek vir paartjies. Die 2 privaat tente het houtdekke en het 'n uitsig oor 'n seisoenale stroompie. Die tente word deur 'n houtpaadjie bereik.

Ontbyt, middagete en aandete is ingesluit. Die sjefs se resepte is deur die ou Kaapse setlaars geïnspireer, maar is steeds kontemporêr. Die kruie wat in die etes gebruik word, groei op die reservaat en die vars bestanddele kom van die buurplase en verskaffers af.

Gaste kan oggend- en namiddagwildritte geniet, asook ander doendinge en besienswaardighede in die omliggende area. Dit sluit in die historiese Graaff-Reinet-toer, 4x4-roetes, voetslaanpaie, Vallei van Verlatenheid Sonsondergangtoer, Umasizakhe Township-toer, boesmanrotskuns, die Gondwanaland Fossieltoer en die Nieu Bethesda- en Uilhuistoer.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Newmark Geverifieer

Eiendomme 13

Resensies 8

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Mount Camdeboo, Petersburgweg, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R9 250
R 9 250 R 7 863
per nag, vir 2 mense
Vanaf R9 250
R 9 250 R 7 863
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mount Camdeboo, Petersburgweg, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf2a650b401f013ab0cd396cb64e03836e49368e7ae23885ac3c17d4d8b388c1e1a7d75e187ead4a99ab7de07edbc2747ecac?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R9 250 nouVanaf R7 863 per nag, vir 2 mense Mount Camdeboo Petersburg Road 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.336599802484 24.912936195701

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang